Ver­lan­ge klou soos ‘nga aan kie­tiekom­bers’

Huil­boek is ’n vars bries, sja­ma­nis­ties en in­tel­lek­tu­eel. Ons het nie te­ver­geefs ge­wag op Ryk Hat­tingh se nu­we boek nie, skryf Jo­an Ham­bid­ge.

Beeld - - Boe­ke -

Fik­sie die ver­tel­ler hier met sy de­mo­ne en hal­lu­si­na­sies. (En wie het A­hab se ver­haal ver­tel? Na­tuur­lik Ish­ma­el, die oor­le­wen­de . . .)

Die teks is self­re­flek­sief en die wa­re Ryk Hat­tingh, ’n skoen­ma­ker, word soms aan­ge­spreek.

In ’n hart­ver­skeu­ren­de to­neel kyk die ver­tel­ler na sy ba­ba­boe­kie en die woor­de wat sy ma op­ge­skryf het.

Hier vind hy dat Toon die tien­de woord was wat hy ge­leer het, daar­die Toon, die “Ou­ta”, wat hy met hom saam­dra, ’n psi­gie­se wond.

Vir taal­te­o­re­ti­ci (na­vol­gers van La­can en K­ris­te­va) is die be­skry­wing van sy huil­ja­re en hoe die jong kind se i­den­ti­teit ont­wik­kel in hier­die ro­man e­wen­eens won­der­baar­lik. Hoe taal soos ’n klip die spie­ël tus­sen hom en die wê­reld ver­splin­ter . . .

Die sto­rie van ’n man uit die ver­te wat veg om voort­be­staan met die we­te dat “taal ont­glip, duik on­der­deur, byt nie aan die hoek nie, al­les is ver” (bl. 48). Boe­ke word be­ska­dig in die nu­we land­skap. Ge­an­no­teer­de boe­ke met on­der­streep­te pas­sa­sies word bin­ne die nu­we om­ge­wing pap en slap­pe­rig soos Da­li se hor­lo­sies – ge­luk­kig bly die her­in­ne­rin­ge vol­hard (bl. 54).

Op ’n plek praat die ver­tel­ler van sy me­ta­de­pres­sie. En dis pre­sies wat ons hier be­leef: ’n koel­bloe­di­ge a­na­li­se van pyn, oor­le­wing, her­in­ne­rin­ge te­rug on­der meer na jageks­pe­di­sies met die va­der, ’n pa­tri­arg. Die seun erf sy hor­lo­sie; wat ge­steel raak. Hier­die her­in­ne­rin­ge aan jag ver­loop tus­sen fan­ta­sie en werk­lik­heid.

Die teks her­in­ner aan die ver­beel­dings­vlug­te van Ri­chard Brau­ti­gan, maar dis net meer po­ë­ties, meer ver­la­te.

Trout Fis­hing in A­me­ri­ca (1967), daar­die A­me­ri­kaan­se klas­siek, het in my ge­heue saam­ge­speel, be­hal­we by Hat­tingh is die i­dil­le of pa­ra­dys vol her­in­ne­ring-slan­ge. Die fo­to’s in die boek ver­tel ook ’n sto­rie op sy eie.

In die 1980’s is daar ge­vra dat die heer­sen­de mag­te moet kyk na die oor­logskort­ver­ha­le in A­fri­kaans; Nou is dit die hoog­ste tyd om te kyk hoe swaar men­se kry wat nie meer in die (nu­we) Suid-A­fri­ka kan oor­leef nie en in Doer On­der en op na­bu­ri­ge ei­lan­de ver­niel word deur ver­lan­ge en ver­driet.

Brau­ti­gan het op ’n keer ge­skryf: “All of us ha­ve a pla­ce in his­to­ry. Mi­ne is clouds.”

Hier is dit ver­lan­ge wat klou soos knap­se­kê­rels aan ’n flu­weel­broek, soos nga aan ’n kie­tiekom­bers (bl. 112). Daar is ook hu­mor. Dronk-mo­men­te en ’n am­per­se uit­wis­sing waar die ver­tel­ler “her­ge­bo­re” word in sy uit­skot.

Ryk Hat­tingh se boek werk met hier­die a­we­reg­se blik op his­to­rie­se sa­ke. Die slot het ’n Ma­rais-kwa­li­teit soos in D­waal­sto­ries – hier is Hat­tingh, soos aan die be­gin van die ro­man, be­sig om die stem­lo­se ’n stem te gee in sý huil­boek.

Die op­stand teen die va­der­fi­guur en die be­skry­wing van sy dood en die af­loop, is van die pyn­lik­ste oom­blik­ke in die boek.

Die ro­man is ’n vars bries. Dit is ou­ten­tiek ge­skryf en ons het nie te­ver­geefs ge­wag op Ryk Hat­tingh se nu­we boek ná Wit­skrif nie.

Sja­ma­nis­ties en in­tel­lek­tu­eel. Dit wil ge­doen wees. ) Jo­an Ham­bid­ge is pro­fes­sor in A­fri­kaans en kre­a­tie­we skryf­werk aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad.

Die teks her­in­ner aan die ver­beel­dings­vlug­te van Ri­chard Brau­ti­gan, maar dis net meer po­ë­ties, meer ver­la­te.

Fo­to: A­DAM BRY­CE

Ryk Hat­tingh se Huil­boek is sy eer­ste ro­man in ne­gen­tien jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.