Boe­ke

’n Soet ein­de vir goor dag

Beeld - - Boeke -

Fik­sie Die sto­rie­lyn is stro­pe­rig, dit lees jy al som­mer op die om­slag.

Dis ook nie nuut nie: As jy al Ma­de of Ho­nor met Pa­trick Demp­sey ge­kyk het, of selfs Ju­lia Ro­berts in My Best F­riend’s Wed­ding, ken jy dit: ’n Mooi, ma­er, suk­ses­vol­le mei­sie en die aan­trek­lik­ste man op aar­de is al vir ja­re bes­te vrien­de, die aan­trek­li­ke man (of mei­sie in Ma­de of Ho­nor) raak ver­loof aan ie­mand vir wie die bes­te v­riend nie veel oog­ha­re het nie en jy bly raai-raai wie uit­ein­de­lik saam met wie voor die kan­sel gaan ein­dig.

Maar al ken jy die breë trek­ke, lê die boek se ver­maak­lik­heid in die vreem­de draaie wat die hoof­ka­rak­ter Vi­da, haar “be­stie” Ru­di en sy pun­te­ne­ri­ge ver­loof­de C­har­mo­naix, be­leef in die aan­loop tot die troue. En moe­nie van al­mal in hul le­wens ver­geet nie – elk­een se fa­mi­lie het hul eie wor­ste­lin­ge.

Dit sorg vir ve­le glim­lag­to­ne­le, ver­al tus­sen Vi­da en C­har­mo­naix se broer, wat die bruids­paar dink per­fek sal pas by die “best wo­man” – en na­tuur­lik kan sorg dat Vi­da nie dal­kies haar Rudls tog af­vry nie.

Die skry­wer het on­ge­twy­feld ge­groei in skryf­styl se­dert haar eer­ste Ro­man­za-boek, Flen­ters vir lint (2011). Dit vat ’n ruk­kie voor Vi­da, ’n in­ge­ni­eur en ar­gi­tek, be­sef aan wie haar hart be­hoort en dan kry die sto­rie nu­we mo­men­tum.

Bui­ten net spook­a­sem-ver­maak, gee Vi­va la Vi­da ’n vars en (re­de­li­ke) ak­ku­ra­te blik op hoe dit is om van­dag te da­te: van of die re­ke­ning ge­deel moet word op ’n eer­ste af­spraak tot hoe teg­no­lo­gie ge­bruik word om te flirt en ver­lief­des tus­sen W­hat­sApp, SMS’e en e-pos­se moet na­vi­geer.

Vi­da het bui­ten haar ver­ra­der­li­ke hart, haar eie fa­mi­lie- en werk­uit­da­gings.

Tog voel dit as­of al­les so mooi van bui­te blink dat selfs haar strui­kel­blok­ke iets is waar­oor sy ar­ge­loos met haar hak­ke sal kan trap. Die di­a­loog is soms net té. Vi­da se woon­stel­maat noem haar “Rooms”, haar pa ver­wys na haar as “my gi­rl” en die ont­vangs­da­me by die ar­gi­teks­fir­ma waar sy werk, klink on­ge­loof­waar­dig.

Die ou­de­doos-ou­ma sorg vir ko­mie­se ver­maak, maar haar teen­woor­dig­heid voel ge­for­seerd.

Ver­wy­sings na U­ber, Ban­ting, ’n kuns­uit­stal­ling by Ma­bo­neng en an­der he­den­daag­se ge­beu­re is suk­ses­vol in­ge­werk om dit tog ge­loof­waar­dig­heid te gee, al is dit dan net die ag­ter­grond waar­teen dit af­speel.

Soos ons weet van lief­des­ver­ha­le en se­pies, hoef al­les nie 100% eg te wees om tog sin te maak nie.

Stro­pe­rig en blink kan lek­ker wees as jy iets soek wat mak­lik lees – ver­al as jou goor dag ook kan doen met ’n soet ein­de. ) Lu­cia Swart-Wal­ters is die re­dak­teur van tvplus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.