Kam­pi­oen Mon­nas

Aan­slag te sterk vir R­hi­nos

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

P­re­to­ria. – Die Ho­ër­skool Mo­nu­ment van Kru­gers­dorp se Wit Bul­le het op die ou ein­de net te veel krag vir die Ho­ër­skool Nel­spruit se R­hi­nos in die eind­stryd van die Tuksreeks ge­had.

Die Wit Bul­le is vir eer­ste keer se­dert 2010 as kam­pi­oen ge­kroon toe hy Nel­spruit met 25­17 in die LC de Vil­liers­sta­di­on hier ge­troef het. Mon­nas het teen rus­tyd ’n skra­le voor­sprong van 10­6 ge­niet.

Die ver­skil tus­sen die twee span­ne op die ou end was die fi­sie­ke aan­slag wat deur die kap­ tein en ha­ker, PJ Bo­tha, die slot­te, Ru­an Ver­maak en Chris­to­pher Ha­ven­ga, en die sen­ter Bak­kies Pot­gie­ter ge­lei is.

Die R­hi­nos het nooit hand­doek in­ge­gooi nie. Dit was ver­al die ha­ker, SP Mul­ler, en die flank, WJ Hal­li­day, wat voor­langs ge­woel het.

Pot­gie­ter het ag­ter­langs ’n he­le paar keer Nel­spruit se ver­de­di­ging be­hoor­lik be­proef waar­na die vleu­el Ka­rel Vahr­mei­jer ook baie ge­vaar­lik op pad doel­lyn toe was.

Nel­spruit se twee sen­ters, Ri­az A­de­ba­yo en Mar­nus Kru­ger, was ook goud vir hul span werd. Kru­ ger is vroeg in die wed­stryd met ’n geel­kaart deur die skeids­reg­ter, S­te­phan Gel­den­huys, van die veld ge­stuur.

Dit was die vyf­de eind­stryd van die Tuksreeks wat Gel­den­huys ge­blaas het.

Mon­nas was twee keer van­te­vo­re, in 2009 en 2010 kam­pi­oen.

Dit was sy er­va­re brei­er, Hans Coet­zee, se eer­ste ti­tel.

Ou­pa van der Mer­we en Wyn­and Mool­man was on­der­skei­de­lik in 2009 en 2010 die af­rig­ters toe die Wit Bul­le die kroon ge­dra het.

In die span van 2009 was die S­pring­bok Ja­co Tau­te een van Mon­nas se staat­ma­kers.

) EG Jan­sen kon nou wel nie van­jaar sy ti­tel as kam­pi­oen van die Tuks­reeks be­hou nie, maar het dank­sy ’n straf­doel in die dood­snik­ke deur sy skrum­ska­kel, Gin­ter S­muts, met 39­36 oor Gars­fon­tein ge­se­ë­vier in die uit­speel­wed­stryd om die der­de po­si­sie.

Jan­sies se los­ska­kel, Ru­ben Bey­tell, het met twee drieë in die wed­stryd sy to­taal vir die sei­soen tot ’n on­ge­loof­li­ke 18 drieë in 11 wed­stry­de op­ge­stoot.

Gar­sies se skrum­ska­kel, S­haun Wil­li­ams, het sy span met twee drieë in die twee­de helf­te in die wed­stryd ge­hou.

) Men­lo­park is die al­ge­he­le kam­pi­oen van die rug­by­reeks met sy o.14­, o.15­ en o.16­span­ne wat in die eind­stry­de in ak­sie was.

Men­lo­park se o.15­span het sy e­we­knie van Mon­nas met 22­12 in die eind­stryd ge­troef.

In die uit­speel­wed­stryd om die der­de plek in die o.15­af­de­ling het K­lerks­dorp vir Trans­va­lia met 17­15 ge­troef.

Die wed­stryd tus­sen ver­le­de jaar se twee fi­na­lis­te in die o.14af­de­ling is vyf mi­nu­te vroeg son­der waar­sku­wing deur die skeids­reg­ter ge­stop om­dat hy as as­sis­tent­skeids­reg­ter by ’n an­der wed­stryd be­no­dig was.

Gars­fon­tein se o.14­span was met 15­0 oor Men­lo­park baas. Gar­sies se brei­er, Fran­cois de Kock, wat ook sy skool se rug­by­or­ga­ni­seer­der is, sal hom la­ter van­jaar by El­do­rai­gne aan­sluit.

Fo­to: MA­RI­US NORTJÉ

Skrum man­ne, skrum! PJ Bo­tha (mid­del), ha­ker en kap­tein van Mo­nu­ment se rug­by­span, is dui­de­lik in sy nop­pies met sy span se ver­to­ning in die eind­stryd van Tuks­reeks teen die Ho­ër­skool Nel­spruit se R­hi­nos. Mon­nas was met 25­17 baas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.