Lig­gies kry slae op hul tuis­veld

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Dit is nie al­dag dat ’n guns­te­ling in sy eer­ste li­ga­wed­stryd op sy tuis­veld sy rie­me styf­loop nie.

Die Ho­ër­skool Lich­ten­burg was ná sy oor­tui­gen­de ver­o­we­ring van die Puk­ke se P­res­ti­ge-reeks die guns­te­ling om as kam­pi­oen van die Lui­perds se Groots­ko­le­li­ga ge­kroon te word.

Maar Pot­chef­stroom Gim­na­si­um het hom Sa­ter­dag in Lich­ten­burg met 31-30 ver­ras.

Lich­ten­burg het twee we­ke ge­le­de Noord­heu­wel met 37-3 in die eind­stryd van die P­res­ti­ge-reeks oor­rom­pel.

Gim­mies se hel­de was sy sen­ter GJ Jan­se van Rens­burg en agt­ste­man, Ja­co S­choe­man.

In nog ’n wed­stryd in dié li­ga moes Pot­chef­stroom Volk­skool hard werk om Wes­va­lia met 15-10 te troef.

) Is daar ’n meer op­win­den­de heel­ag­ter noord van die Vaal­ri­vier op sko­le­vlak as Help­me­kaar se C­hui­ner van Rooy­en?

Van Rooy­en was uit­ste­kend in sy span se se­ge van 44-25 oor Ben Vor­ster in T­za­neen. Van Rooy­en het ’n merk­waar­di­ge 29 van sy span se pun­te aan­ge­te­ken.

Hy het drie drieë ge­druk. Vir een daar­van het hy on­ge­veer 80 m feit­lik deur die he­le span van Ben Vor­ster ge­hard­loop. Hy het ook vier doel­skop­pe en twee straf­doe­le oor­ge­klits.

) Met sul­ke spe­lers be­loof die Vir­se­ker Beeld­tro­fee vir groot sko­le om van­jaar een van die taai­stes in ja­re te wees.

) As daar een span is wat meer be­kom­merd as die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool van P­re­to­ria oor sy ne­der­laag van 29-53 teen G­rey-kol­le­ge van Bloem­fon­tein is, is dit King Ed­ward VII.

Af­fies sal ge­wis hul won­de lek ná hul­le die eer­ste keer in die skool se eer­ste­span-ge­skie­de­nis meer as 50 pun­te in ’n wed­stryd af­ge­staan het. Af­fies tel on­danks dié ne­der­laag steeds on­der die voor­ste sko­le­span­ne land­wyd.

Hul­le sal dus in hul vol­gen­de wed­stryd teen KES ver­lo­re aan­sien wil her­win. Af­fies het ver­le­de jaar se krag­me­ting met 92-0 ge­wen.

Daar word nie ver­niet in KES se ge­le­de­re ge­praat van ’n siek­te met die naam van Af­fie­li­tus ge­du­ren­de dié tyd­perk van die jaar nie.

Ná die wed­stryd teen G­rey kan die stut Ca­bous Eloff, vleu­el Chris­ti­an S­try­dom en die los­ska­kel, Ru­an de S­wardt, hul kop­pe om­hoog hou.

) KES se bui­te­sen­ter, Ken­ne­dy M­pe­ku, het drie drieë in sy span se ge­lyk­op-uit­slag van 32-elk teen Ma­ritz­burg Col­le­ge ge­druk.

M­pe­ku en sy broer, Le­on, het vroe­ër van­jaar Park­town Boys’ High vir KES ver­ruil.

Ken­ne­dy het na ’n drie deur die plaas­ver­van­ger-skrum­ska­kel, Ja­mes Ger­ber – met speel­tyd reeds ver­stre­ke – die doel­skop ver­brou.

Dit sou aan sy span ’n roem­ry­ke se­ge be­sorg het.

Fo­to: MA­RI­US NORTJÉ

Henk Ven­ter, vleu­el van Lich­ten­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.