Af­fies se net­bal­span ver­lig die pyn

Beeld - - Sport - – Han­nes Nie­na­ber

Kim­ber­ley. – Die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool van P­re­to­ria se net­bal­span het weer ti­tel as kam­pi­oen van die Wil­de­kla­wer­toer­nooi ag­ter sy naam.

Af­fies is ver­le­de jaar deur S­tel­len­berg van Kaap­stad ont­troon, maar is met dié oor­win­ning die vier­de keer as kam­pi­oen ge­kroon.

Af­fies het in die eind­ron­de vir S­tel­len­berg (31­30) en Sen­traal van Bloem­fon­tein (36­21) ver­slaan.

In die na­el­byt­se­ge oor S­tel­len­berg het Af­fies se C­han­te Louw, Chris­tel­le Ke­ar­ney en Lin­da Mou­ton uit­staan­de spel ge­le­wer.

Teen Tra­lies was Ke­ar­ney en Mou­ton weer on­der die uit­blin­kers. Da­niel­le van Zyl het ook puik ver­toon.

Af­fies het twee­de in hul groep ge­ein­dig ná hul­le teen Men­lo­park met 28­36 vas­ge­val het. Af­fies het in sy an­der twee wed­stry­de vir die Ho­ër­skool Rus­ten­burg (24­18) en Wil­de­kla­wer (26­9) ge­klop.

Men­lo­park het in sy uit­speel­wed­stryd teen S­tel­len­berg met 29­30 vas­ge­val. Af­fies het in sy uit­speel­wed­stryd vir Wa­ter­kloof met 34­20 die loef af­ge­steek.

) Af­fies het eer­gis­ter op sy tuis­baan die Ho­ër Mei­sie­skool O­ran­je van Bloem­fon­tein met 46­14 ge­klop. Af­fies se eer­ste hok­kie­span is met 0­10 oor­rom­pel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.