Leeus XV sien geel; Bul­le swig voor OP

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Kim­ber­ley. – Dit was ’n na­week van skok­ke in die Pro­vin­si­a­le reeks na­dat die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie slae ge­kry het, die Goue Leeus XV, Blou Bul­le en Lui­perds ook ver­loor het en die G­rens-Bul­l­dogs hul on­oor­won­ne sta­tus kwyt is.

G­rie­kwas is nou die e­nig­ste on­oor­won­ne span na­dat hul­le die Bul­l­dogs Sa­ter­dag hier met 21-12 ge­klop het.

Die Haaie XV het in Dur­ban die WP sy eer­ste ne­der­laag toe­ge­dien toe hul­le met 24-16 ge­wen het.

Die Haaie se heel­ag­ter, Al­rin Ek­steen, het met die tel­ling op 17-16 in die 73ste mi­nuut gaan druk om die tuis­span te laat se­ë­vier. WP is met die daar­op­vol­gen­de doel­skop ook van ’n bo­nus­punt ont­neem.

) In Rand­burg het twee geel kaar­te bin­ne vier mi­nu­te die Goue Leeus XV duur te staan ge­kom toe die Vry­staat XV hul­le met 29-15 ge­klop het. Die Leeus was met rus­tyd met 15-8 voor.

Hul kap­tein, die agt­ste­man, Ru­aan Lerm, is in die 48ste mi­nuut met ’n geel kaart af en ’n mi­nuut la­ter het die Vry­staat­ha­ker Jo­seph D­we­ba ge­druk.

Die Leeus-flank De­rick Min­nie het in die 52ste mi­nuut ook ’n geel kaart ge­kry en die Vry­sta­ters het wéér gaan druk.

) Die Bo­land het met ’n bo­nus­punt­se­ge van 43-31 oor die Lui­perds in Pot­chef­stroom na twee­de op die pun­te­lys op­ge­skuif.

) In die Baai het die OPKings vas­ge­byt en ’n ver­be­te aan­slag van die Blou Bul­le aan die ein­de afgeweer om met 19-14 te se­ë­vier.

Mi­cha­el G­reen be­rig dat die OP-Kings ’n on­waar­skyn­li­ke held ge­had het in die los­ska­kel, Gar­rick Mat­the­us. Dié jon­ge­ling was ver­le­de jaar nog in Kings­wood Col­le­ge op skool en is op die nip­per­tjie ge­kies ná die OP met ’n rits be­se­rings op los­ska­kel in die sop was.

Hy het koel­kop ge­bly en 14 pun­te aan­ge­te­ken.

Die Bul­le het tot hul eie on­der­gang by­ge­dra deur baie straf­skop­pe af te staan.

) Die Pu­mas het die Wel­wit­chi­as met 47-7 in Er­me­lo se­ge­loos in die reeks ge­hou.

) Pun­te­stand (wed­stry­de ge­speel tus­sen ha­kies): G­rie­kwas (5) 24, Bo­land (5) 16, Pu­mas (5) 15, G­rif­fons (4) 14, WP (4) 14, SWD (5) 14, G­rens (5) 14, Vry­staat XV (4) 13, Goue Leeus XV (5) 12, Haaie (4) 11, OP­Kings (5) 9, Val­ke (4) 7, Lui­perds (4) 7, Blou Bul­le (4) 5, Wel­witschi­as (5) 0.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.