Twee groot se­ges vir Fla­mes

Beeld - - Sport - Ru­an Bru­wer An­der uit­slae: Noord­Gau­teng Ja­guars 58, Gau­teng Gol­den­Fi­re­balls 52; S­tings 60, Aloes 38; Fi­re­balls 64, M­pu­ma­lan­ga Sun­bi­rds 32.

Jo­han­nes­burg. – Die C­ri­nums, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen in die Bru­tal Fruit-pre­mier­liga, het gis­ter hier in die El­lis­park-a­re­na met ’n puik ver­to­ning op die ver­de­di­ging sy vyf­de ag­ter­een­vol­gen­de se­ge be­haal.

Die Vry­sta­ters het die K­waZu­lu-Na­tal­se King­dom S­tars met 45-25 oor­wel­dig.

Die C­ri­nums het die S­tars se aan­val­len­de op­sies tel­kens be­perk en hul­le tot tal­le on­ge­dwon­ge fou­te ge­dwing.

Die wen­span het blit­sig op e­ni­ge los bal of aan­gee toe­ge­sak. Ver­al A­li­cia Pu­ren (ver­de­di­ger) en Ta­nya Mos­tert (hulp­ver­de­di­ger) was twee ir­ri­te­ren­de vlieë in die ver­loor­span se salf.

Die Bloem­fon­tei­ners was rus­tyd met 20-12 voor ná ’n goeie twee­de kwart waar­in hul­le ’n skra­le vier doe­le af­ge­staan het.

Dit was geen­sins waf­fer­se net­bal wat op­ge­dis is nie met ho­pe­loos te veel fou­te weers­kan­te.

Nie een van die span­ne se doel­werk was van ge­hal­te nie en al­bei sal aan­sien­lik wil ver­be­ter voor die laas­te ron­de groep­wed­stry­de die na­week hier.

Die S­tars, wat met vier Pro­te­as be­gin het – hul vyf­de een, Elsu­net du P­les­sis, het nie ge­speel nie – se aan­voe­ling vir me- kaar en uit­voe­ring was erg ge­brek­kig en die span suk­kel steeds ná se­we wed­stry­de om uit vier­de rat te kom.

Pu­ren is ’n twee­de keer as S­pe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys en met die hulp­ver­de­di­ger Kar­la Mos­tert se te­rug­keer kan dié twee ’n baie ge­dug­te een­heid vorm.

Die C­ri­nums, wat son­der hul af­rig­ter, Bur­ta de Kock (ge­sond-

heid),het, Kaap­seeer­ste het na twee Aloes Sa­ter­dag­die kwar­te Goud­stad(wen teen 53-42) swaar die ge­rei­sin ge­leefOos- die voor­dat hul­le tot ver­haal ge­kom

het dieIn gis­ter Noord­wes-Fla­mes­se an­der wed­stryd­hul po­si­sie aan die bo­punt ver­ste­wig deur die Noord-Kaap­se Di­a­monds met 82-21 af te ran­sel.

Dit was die groot­ste oor­win­ning nóg in die drie jaar van die reeks en die 82 doe­le die mees­te nog deur ’n span.

Die Fla­mes het Sa­ter­dag ook die Lim­po­po-Ba­o­babs met 79-28 ver­ne­der.

Wat dit in­druk­wek­kend maak is dat al­bei oor­win­nings met baie van die Fla­mes se rand­spe­lers be­haal is.

Fo­to: BACKPAGEPIX

Na­dia Uys, sen­ter en kap­tein van die Fla­mes (regs), pro­beer Cla­ris­sa M­pi­k­wa­ne van die Di­a­monds keer om die bal te gooi in gis­ter se pre­mier­liga­net­bal­wed­stryd in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.