Ra­nie­ri vra Foxes se ster­re om ge­trou te bly

Beeld - - Sport -

Lon­den. – Lei­ces­ter Ci­ty se af­rig­ter, Clau­dio Ra­nie­ri, het sy spe­lers aan­ge­moe­dig om vol­gen­de sei­soen by die span te bly na­dat die Foxes ’n merk­waar­di­ge ti­tel­se­ge in die En­gel­se P­re­mier­sok­ker­liga be­haal het.

Spe­lers soos Riy­ad Mahrez en N’Go­lo Kan­té het die af­ge­lo­pe sei­soen huis­hou­de­li­ke na­me ge­word on­der­weg na Lei­ces­ter se ver­bluf­fen­de eer­ste ti­tel, on­danks ’n wed­sy­fer van 5 000-1.

Dié suk­ses het be­spie­ge­lings laat ont­staan dat die tra­di­si­o­ne­le groot klubs in En­ge­land die Foxes se top-spe­lers in hul vi­sier sal hê.

“As hul­le slim is, bly hul­le nog ’n jaar by ons,” het Ra­nie­ri Sa­ter­dag aan die BBC ge­sê kort na­dat die span hul ti­tel be­hoor­lik ge­vier het deur E­ver­ton met 3-1 kaf te draf.

“Hul­le weet die Kam­pi­oe­ne­li­ga-reeks is ’n taai reeks. Hier­na kan hul­le an­der wei­vel­de gaan soek.

“As hul­le my vra, sê ek ‘bly by die span’. Maar as ie­mand na my toe kom en sê ‘ek wil waai’ dan kan hy maar gaan, want ek wil net ge­luk­ki­ge spe­lers in die span hê,” het Ra­nie­ri by­ge­voeg.

Die span se kap­tein, Wes Mor­gan, het Sa­ter­dag ge­sê dit was “on­ge­loof­lik” om die Pre­mier­liga-tro­fee te lig ter­wyl dui­sen­de Lei­ces­ter-on­der­steu­ners hul hel­de in die King Po­wer-sta­di­on luid­keels toe­ge­juig het.

“Ek moes hard teen die tra­ne ba­klei. Ek het daai tro­fee ge­lig en dit was die bes­te ge­voel van my le­we,” het hy ge­sê. “Ho­pe­lik kan ons die pas warm maak van hier af. Dis ’n groot sei­soen wat vol­gen­de wag, maar eers wil ek die oom­blik van glo­rie ge­niet.”

) Rit­chie de La­et het die af­ge- lo­pe na­week som­mer twee keer fees­ge­vier. Dié ver­de­di­ger het Sa­ter­dag saam met sy Lei­ces­ter­span­maats ’n wen­ners­me­dal­je ont­vang toe die Pre­mier­liga-tro­fee oor­han­dig is.

’n Paar ure voor dit het hy vir Midd­les­brough ge­help om tot die Pre­mier­liga te­rug te keer ná ’n af­we­sig­heid van se­we jaar.

Die 27-ja­ri­ge De La­et, wat 12 wed­stry­de vir Lei­ces­ter ge­speel het, is in Ja­nu­a­rie aan Midd­les­brough ge­leen.

Hy het tien keer vir sy aan­ge­no­me klub uit­ge­draf en hul­le ge­help om uit­ein­de­lik twee­de in die En­gel­se twee­de­li­ga te ein­dig.

Midd­les­brough sal saam met Burn­ley twee van die drie nu­we span­ne in aan­staan­de sei­soen se Pre­mier­liga wees.

De La­et was ’n plaas­ver­van­ger in die S­mog­gies se ge­lyk­op-uit­slag met 1-1 teen B­rig­h­ton en het daar­na na die King Po­wer­sta­di­on ge­haas om sy Pre­mier­liga-me­dal­je te ont­vang.

“Ek is teg­nies nog ’n Midd­les­brough-s­pe­ler, maar ek wil nou saam met my Lei­ces­ter-maats fees­vier.”

Fo­to: REU­TERS

Lei­ces­ter Ci­ty se Ja­mie Var­dy gee die Pre­mier­liga­tro­fee ’n soen­tjie toe dit Sa­ter­dag aan die span oor­han­dig is na­dat die Foxes in ’n ver­bluf­fen­de sei­soen v­riend en vy­and ver­ras het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.