D­jo­ko­vic klop Mur­ray in Ma­drid

Beeld - - Sport - – atp­tour.com, S­port­re­dak­sie

Ma­drid. – No­vak D­jo­ko­vic het ge­wys die steeds ont­wy­ken­de ti­tel op Ro­land Gar­ros is bin­ne sy be­reik toe hy An­dy Mur­ray gis­ter in die Ma­drid-ten­niso­pe ver­slaan het.

Die wê­reld se voor­ste s­pe­ler het die twee­de ge­keur­de kam- pi­oen in drie stel­le in net meer as twee uur met 6-2, 3-6, 6-3 ont­troon.

Die 28-ja­ri­ge D­jo­ko­vic van Ser­wië was al drie keer in die eind­stryd maar kon nog nooit die Fran­se Ope, wat oor twee we­ke be­gin, wen nie.

Dit was slegs sy twee­de ti­tel in Ma­drid.

Dit was sy vier­de ag­ter­een­vol­gen­de se­ge op klei teen Mur­ray, wat hom nog nie op die op­per­vlak kon klop nie. D­jo­ko­vic het nou 23 van die 32 be­roeps­wed­stry­de tus­sen hul­le ge­wen.

Dit was die Ser­wi­ër se eer­ste toer­nooi se­dert hy in Mon­te Car­lo in sy eer­ste wed­stryd deur die T­sjeg Ji­ri Ve­se­ly in drie stel­le ver­ras is.

Dit was D­jo­ko­vic se 29ste ATP Mees­ters 1000-ti­tel wat een meer as die 28 van Ra­fa­el Na­dal is.

Na­dal, wen­ner in Mon­te Car­lo en Bar­ce­lo­na, is in die half­eind­stryd deur Mur­ray uit­ge­ska­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.