C­hee­tahs gooi nie tou op

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Franco Smith, die C­hee­tahs se af­rig­ter, en sy Wa­ra­ta­he­we­knie, Da­ryl Gib­son, het voor dié span­ne se Su­per­rug­by-stryd Sa­ter­dag in Syd­ney al­bei ge­kla om­dat die veld voor die wed­stryd nat­ge­spuit is, maar dit was te laat.

Smith weet nie waar­om dit ge­doen is nie, maar wil dit nie as ver­sko­ning vir sy span se der­de ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­laag op toer voor­hou nie.

Die nat veld en ver­speel­de kan­se deur die C­hee­tahs in die eer­ste helf­te het waar­skyn­lik daar­toe by­ge­dra dat hul­le met 6-21, teen so te sê ’n Wal­la­by-span, ver­loor het.

Die tuis­span was rus­tyd met 18-6 voor en kon net drie pun­te in die twee­de helf­te aan­te­ken.

Die speel­veld se op­per­vlak het skrum­werk be­moei­lik. Die C­hee­tahs is se­we keer in dié af­de­ling ge­straf.

“Ons het die twee­de helf­te met 3-0 ver­loor. Ek stem saam dat ons ge- leent­he­de ge­skep het om te kon druk en ons het nie,” het Smith ge­sê.

Dit was die eer­ste keer in tien wed­stry­de waar­in die C­hee­tahs nie ’n drie kon druk nie.

“Ver­le­de jaar het ons ne­ge drieë teen hul­le af­ge­staan en self vyf ge­druk. Ons het nooit ’n loe­sing ver­wag nie, want ons was me­de­din­gend. Ti­aan Mey­er, Ser­ge­al Pe­ter­sen en Wil­lie B­ritz het by­na gaan druk.

“In­di­vi­du­e­le fou­te het ons weer ge­kos. Die spe­lers bly po­si­tief en ons het nog baie om voor te speel in die reeks,” het Smith ge­sê.

Pe­ter­sen het ’n stamp teen die arm weg in die wed­stryd teen die Wa­ra- tahs, maar be­hoort reg te wees om te speel en B­ritz sal van­dag vir ’n skan­de­ring gaan na­dat hy ’n har­de stamp teen die knie ge­kry het.

Dit was ver­bly­dend dat die C­hee­tahs teen die ein­de van hul toer kon slaag daar­in om ’n baie sterk span in toom te hou om net drie pun­te in die twee­de helf­te aan te te­ken. Die spe­lers was uit­ge­put ná die toer en dit het keer ge­kos om die Wa­ra­tahs weg te hou van hul doel­lyn.

“Ek is te­vre­de met die groei wat die spe­lers ge­toon het in Aus­tra­lië hoe­wel daar steeds te veel fou­te was. Dit uit­slae wat ons op die toer ge­sien is, is ’n be­wys wat ’n ge­brek aan er­va­ring doen.

“So­dra fou­te op dié vlak be­gaan word, is dit ver­by. Dit was ’n groot ver­be­te­ring.

“Ons is nou moeg vir die woord ‘bou’, ons is me­de­din­gend en moeg ver­loor,” het Smith ge­sê.

Pun­te­ma­kers Wa­ra­tahs 21 (18): Drieë: Ree­ce Ro­bin­son, Ber­nard Fo­ley. Doel­skop­pe: Fo­ley (2). Straf­doe­le: Fo­ley (3).

C­hee­tahs 6 (6): Straf­doe­le: F­red Zei­lin­ga (2).

Ons het nog baie om voor te speel in die reeks. — FRANCO SMITH

Fo­to: GETTY IMAGES

Uit my pad! Die C­hee­tahs se agt­ste­man, Hen­co Ven­ter, word deur die Wa­ra­tahs se kap­tein en flank, Mi­cha­el Hooper, beet­ge­kry in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wed­stryd in Syd­ney.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.