Haaie sit ’Ca­nes ore aan

Se­ge is haar­fyn be­plan

Beeld - - S­port - Chris­to Bu­ch­ner

Dur­ban. – Al die stuk­kies van die leg­kaart het Sa­ter­dag hier op Kings­park vir die Haaie pre­sies ge­pas waar dit moes.

Dit was ’n plan wat per­fek ge­werk het in die se­ge van 32-15 oor die Hur­ri­ca­nes.

Daar is voor­af be­sluit om vuur met vuur te be­veg by die af­breek­pun­te en die ’Ca­nes daar op hul sterk­punt aan te vat.

Met die los­trio van die Du P­reez-twee­ling, Je­an-Luc en Da­niel, as­ook Kee­gan Da­niel uit­staan­de, het die Haaie daar­in ge­slaag om te doen wat die Leeus ’n week te­vo­re nie kon reg­kry nie.

Dit was om te ver­hin­der dat die Hur­ri­ca­nes ge­noeg­saam vin­ni­ge be­sit kry om mee aan te val.

Ver­der het die Haaie met uit­ste­ken­de ver­de­di­ging die ga­te toe­ge­stop en het die be­soe­kers uit Nieu-See­land hul­le tel­kens in ’n swart muur vas­ge­loop.

“Ons spel­be­stuur was uit­ste­kend en die plan­ne wat be­raam is hoe om hul­le te neu­tra­li­seer, het ge­werk,” het die af­rig­ter, Ga­ry Gold, ge­sê.

“In van ons vo­ri­ge wed­stry­de was ons glad nie goed in die twee­de helf­te nie, maar van­dag (Sa­ter­dag) was dit ons ver­to­ning in die twee­de helf­te wat die deur­slag ge­gee het. Ons het ook met veel meer self­ver­troue ge- speel en die aan­geë het nie so baie ver­lo­re ge­gaan soos in an­der wed­stry­de nie.

“Ons het vir die ou­ens ge­sê om nie pa­nie­ke­rig te raak en oor­haas­tig te wees wan­neer ons om­ge­keer­de be­sit ge­kry het nie. Hier­die was ’n ver­to­ning waar al­mal hul han­de op­ge­steek het,” het Gold ge­sê.

Hy en Chris Boyd, die ’Ca­nes se af­rig­ter, is dit eens dat die drie wat die Haaie net voor rus­tyd ge­druk het toe Da­niel uit­ste­ken­de werk ge­doen het voor­dat JP Pie­ter­sen af­ge­rond het, was ’n groot oom­blik.

“Die Hur­ri­ca­nes was die bes­te span in die eer­ste helf­te en om met rus­tyd ge­lyk­op te ge­wees het, was ’n hup­stoot,” sê Gold.

“Ons het in­di­vi­du­e­le ster­re ge­had. Die Du P­reez’s, Kee­gan, Garth A­pril en An­dré (Ester­hui­zen) het reu­se-werk ge­doen.”

Boyd re­ken sy span se voor­be­rei­ding het te­kort ge­skiet.

“Die Haaie was ook meer des­pe­raat om te wen, want as hul­le ver­loor het, sou die ga­ping tus­sen hul­le en die Leeus al hoe gro­ter ge­raak het. Hier­die ne­der­laag maak ver­al vir Plum (John Plum­tree, die hulp­af­rig­ter) seer, want hy sou baie graag hier wou wen,” het Boyd ge­sê. ) Pun­te­ma­kers: Haaie 32 (8): D­rieë: JP Pie­ter­sen (2), Mi­cha­el Claas­sens, Da­niel du P­reez. Doel­skop­pe: Garth A­pril (2), Pat Lam­bie. Straf­doe­le: A­pril, Lam­bie. Hur­ri­ca­nes 15 (8): D­rieë: Reg­gie Goodes, Ja­mes Mars­hall. Doel­skop: Ja­son Wood­ward. Straf­doel: Beau­den Bar­rett.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.