SA stap­at­le­te kry swaar in Ro­me

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt Die I­ta­li­a­ner A­lex S­chwa­zer gis­ter op pad na sy eer­ste plek oor 50 km op die Wê­reld­span­stap­by­een­koms in Ro­me, I­ta­lië.

Jo­han­nes­burg. – Hy het Sa­ter­dag in Ro­me nie ’n goeie wed­loop ge­had nie, maar die le­gen­da­rie­se E­cu­a­do­ri­aan­se sta­p­at­leet Jef­fer­son Pé­rez, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se en wê­reld­kam­pi­oen, het hom moed in­ge­praat om net aan te hou pro­beer.

“Ek het nie ’n goeie dag op kan­toor ge­had nie, maar Jef­fer­son Pé­rez het ge­sê ek moet nooit op­gee nie, want dit ge­beur met al­mal,” het Le­bo­gang S­han­ge ge­twiet na­dat hy Sa­ter­dag op die Wê­reld-span­stap­by­een­koms oor 20 km met die 58ste plek te­vre­de moes wees.

Sy tyd van 1:24:53 is by­na 5 min. sta­di­ger as die SA re­kord van 1:20:06 wat hy vroe­ër van­jaar in Aus­tra­lië op­ge­stel het.

Daar is voor­af ver­wag dat S­han­ge moont­lik on­der die voor­ste at­le­te kon ein­dig. Hy was in ’n vroe­ë­re sta­di­um van die wed­loop nog in die prent­jie, maar het daar­na be­gin uit­sak.

Dit was ook nie ’n goeie dag vir die an­der Suid-A­fri­ka­ners nie. Way­ne Sny­man (1:27:15) was 70ste, ter­wyl Si­z­we N­de­be- le (1:36:12) 98ste oor die eind­streep ge­stap het.

In die af­de­ling vir vroue moes Anél Oost­hui­zen met die 78ste plek en ’n tyd van 1:41:12 te­vre­de wees. Dis so­wat 7 min. sta­di­ger as haar SA re­kord.

Die wed­loop vir mans is ge­wen deur C­hi­na se Z­hen Wang, die O­lim­pie­se brons­me­dal­je­wen­ner, in 1:19:22. Dit was die twee­de keer dat hy met die ti­tel weg­ge­stap het.

Sy land­ge­noot Hong Lui het die vrou­e­wed­loop in 1:25:59 ge­wen.

Carl Mey­er, Oost­hui­zen se af­rig­ter, het ge­sê vlug­flou­heid het dui­de­lik ’n rol in sy at­leet se ver­to­ning ge­speel. “Dit was haar vier­de har­de 20 km-wed­loop in net se­we we­ke.

“Ge­luk­kig het ons nou se­we we­ke om voor te be­rei vir haar vol­gen­de wed­loop.” Dit is die A­fri­ka-kam­pi­oen­skap vol­gen­de maand in Dur­ban.

“Al die Suid A­fri­ka­ners het so­wat 7 min. sta­di­ger ge­stap as twee we­ke ge­le­de. Dit is weer eens ’n be­wys dat At­le­tiek Suid-A­fri­ka be­ter met die at­le­te sal moet saam­werk oor hul be­hoef­tes,” het Mey­er ge­sê. ) Die I­ta­li­a­ner A­lex S­chwa­zer het gis­ter die wed­loop oor 50 km in 3:39:00 ge­wen.

Suid-A­fri­ka se Marc Mun­dell, wat soos S­han­ge, Sny­man en Oost­hui­zen al vir die O­lim­pie­se S­pe­le ge­kwa­li­fi­seer het, moes hom reeds ver­le­de week weens siek­te aan die 50 km-wed­loop ont­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.