Son­ja mik na 100­tal

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg. – Twee jaar ge­le­de is die 67-ja­ri­ge voor­ma­li­ge S­pring­bok-at­leet Son­ja Lax­ton erns­tig in ’n tre­fen-trap-on­ge­luk be­seer.

Sa­ter­dag in Port E­li­za­beth het Lax­ton haar 90ste S­par-wed­loop oor 10 km vol­tooi. Haar wed­loop­nom­mer was heel ge­pas nr. 90.

Lax­ton is twee jaar ge­le­de erns­tig be­seer toe sy op ’n Son­dag­og­gend in Ro­se­bank, Jo­han­nes­burg ge­draf en ’n mo­tor haar ge­tref het.

Lax­ton is in die lug ge­slin­ger en het uit­ein­de­lik op die mid­del­man­ne­tjie te lan­de ge­kom. Sy moes ver­skeie o­pe­ra­sies on­der­gaan. In daar­die sta­di­um was sy bang sy sou nooit weer kon loop nie.

Min­der as ses maan­de la­ter het dié im­mer­groen oud-Bok weer be­gin om aan wed­lo­pe deel te neem.

Eer­gis­ter het sy in haar groot­word-stad die eind­streep in ’n haas­ti­ge 49:43 oor­ge­steek. “Dit was nog­al lek­ker. Die wind het kwaai ge­waai, maar ek het dit ge­niet,” het Lax­ton, vrou van die TV-pad­wed­loop­kom­men­ta­tor Ian Lax­ton, lui­dens ’n ver­kla­ring ge­sê. Lax­ton het ge­sê sy wil graag die hon­derd­tal in S­par­wed­lo­pe haal. “Ek voel nou soos ’n krie­ket­spe­ler in die se­nu­ag­ti­ge 90’s, maar as ek aan vier of vyf S­par-wed­lo­pe per jaar kan deel­neem, sal ek daar­by uit­kom,” het Lax­ton ge­sê, wat al don­kie­ja­re in die kleu­re van RAC deel­neem.

Die eer­ste S­par­wed­loop is in die vroeë 1990’s be­slis. Tot ’n paar jaar ge­le­de was dit by­kans te ver­wag­te dat sy haar ou­der­doms­af­de­ling sou wen. Dit ge­beur nie meer nie, maar dit pla die oud-Bok, wat haar stem­pel op die baan, in veld­wed­lo­pe en op die pad af­ge­druk het, glad nie. “Mis­kien sou dit my voor die on­ge­luk ge­pla het, maar my uit­kyk het se­dert­dien ver­an­der. Ek is be­voor­reg dat ek kan hard­loop. Ek hoop ek kan dit nog baie ja­re doen.” Gis­ter het sy in Jo­han­nes­burg ’n 10 km-wed­loop in 52:42 vol­tooi.

Fo­to: WAY­NE WEBB

Die voor­ma­li­ge Bo­k­at­leet Son­ja Lax­ton die na­week in Port E­li­za­beth op pad om haar 90ste S­par­wed­loop vir vroue te vol­tooi. Sy mik nou na ’n hon­derd­tal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.