LJ op pad na C­hi­na

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg. – Twee jaar ge­le­de toe hy laas by ’n Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in S­jan­ghai, C­hi­na, deel­ge­neem het, het hy ’n tyd van 48.96 sek. in die 400hek­kies ge­hard­loop.

Sa­ter­dag sak LJ van Zyl, die SA re­kord­hou­er (47.66), weer in dié stad in die blok­ke. Hy mik weer na ’n tyd on­der 49 s. Kwaai me­de­din­ging wag.

Die Ke­ni­aan­se wê­reld­kam­pi­oen, Ni­cho­las Bett, die A­me­ri­ka­ners Ker­ron C­le­ment, Bers­ha­wn Jack­son en Mi­cha­el Tins­ley, Tur­kye se Yas­ma­ni Co­pel­lo, Pu­er­to Ri­co se Ja­vier Cul­son, die Ba­ha­mas se Jef­f­ry Gib­son en Bett se land­ge­noot Bo­ni­fa­ce Tu­mu­ti sal teen hom hard­loop.

Bett en Tu­mu­ti word af­ge­rig deur Hen­nie Kot­ze, Van Zyl se vo­ri­ge af­rig­ter.

“Ek sal moet uit­haal,” het Van Zyl ge­sê, wat nou deur nóg ’n oud-S­pring­bok, Ir­ma Rey­ne­ke, af­ge­rig word.

Die 30-ja­ri­ge Tuk­kie sal op 20 Mei in Ostra­va in die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek teen die A­me­ri­ka­ner John­ny Dutch hard­loop. Dutch spog tot dus­ver met die vin­nig­ste tyd (48.36) van­jaar in die wê­reld.

“Ek het goeie her­in­ne­rin­ge aan Ostra­va. Toe ek laas daar deel­ge­neem het, het ek my SA re­kord ge­ë­we­naar.

“Ek sou aan­vank­lik op die­self­de dag in Man­ches­ter (En- ge­land) aan ’n hek­kies-wed­loop oor 200 m deel­ge­neem het, maar die or­ga­ni­seer­ders het in­ge­stem dat Con­stant Pretorius in my plek kan hard­loop.”

Van Zyl het ver­le­de jaar in die Man­ches­ter-wed­loop die nie-amp­te­li­ke wê­reld­re­kord van 22.10 ge­ë­we­naar.

In die na­week het ’n Tuks­span­maat, Lind­sey Ha­ne­kom, by die SA Ope-by­een­koms in Bloem­fon­tein ’n tyd van 49.03 ge­hard­loop. Dit is die der­de vin­nig­ste tyd van­jaar in die wê­reld.

“Dis ver­vlaks goed,” het Van Zyl ge­sê, wat on­langs die SA ti­tel in S­tel­len­bosch in 49.34 ge­wen het. “Dis ook goed vir SA hek­kies. Die ou­ens wat nou die O­lim­pie­se span wil haal sal vin­ni­ger as ons tye en Cor­nel F­re­de­ricks (die S­ta­te­bond­spe­le­kam­pi­oen) se 49.75 moet hard­loop,” het Van Zyl ge­sê.

LJ van Zyl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.