Al­va­rez slaan K­han kat­swink in Ve­gas

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Las Ve­gas. – Saul (Ca­ne­lo) Al­va­rez se aard­skud­den­de reg­ter­haak­hou het Sa­ter­dag hier in die dob­bel­stad die ein­de van A­mir K­han be­te­ken in die ses­de ron­de van dié boks­ge­veg om die WBC­mid­del­ge­wig­ti­tel.

Na die eer­ste vyf ron­des ge­lyk­op ver­loop het, was dit die Mex­i­kaan se vol­tref­fer ná 2:37 in die ses­de wat K­han se knieë ge­knak het.

Al­va­rez het eers ge­mik­mik met ’n reg­ter­steek­hout­jie voor die groot ka­non die B­rit soos ’n sak pa­pats laat neer­slaan het.

Die 29­ja­ri­ge K­han was eers ’n ruk ná die ge­veg weer mens en is ook hos­pi­taal toe vir toet­se.

Hy het la­ter op T­wit­ter ge­sê hy is weer piek­fyn.

“Ek is OK. Dis soos boks werk. Ge­luk aan @Ca­ne­lo met die mon­ster­hou,” het hy ge­twiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.