Hou voe­te op grond, maan Gold

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Dur­ban. – Die Haaie be­vind hul­le van­dees­week in on­be­ken­de wa­ters met hul Su­per­rug­by-stryd teen die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res.

“Daar­om is dit be­lang­rik dat hier­die se­ge (Sa­ter­dag se oor­win­ning van 32-15) oor die Hur­ri­ca­nes nie na ons kop­pe toe gaan nie. Ons moet kalm bly en ons voe­te ste­wig op die grond hou,” het Ga­ry Gold, die Haaie se af­rig­ter, ge­maan.

“Dit sal ’n baie moei­li­ke sen­ding in Ar­gen­ti­nië wees. Dit is iets wat ons as span nog nooit er­vaar het nie. Die Ja­gua­res speel tuis en voor hul pas­sie­vol­le on­der­steu­ners wat baie luid­rug­tig en in­ti­mi­de­rend kan wees.

“Ek het on­langs met van die C­hiefs se ou­ens ge­sels en hul­le sê dit is nie mak­lik om daar te speel nie. Jy moet voor­be­reid wees op e­nig­iets,” sê Gold.

“Van­dees­week se wag­woord is om ge­noeg rus te kry. Ons

Dit sal ’n baie moei­li­ke sen­ding in Ar­gen­ti­nië wees. — GA­RY GOLD (FO­TO)

vlieg Woens­dag­og­gend van­uit Dur­ban en kom eers daar­die aand (met ’n tyds­ver­skil) in Bu­e­nos Ai­res aan. Ons vlieg om­trent oor 14 Suid-A­me­ri­kaan­se lan­de om uit­ein­de­lik daar uit te kom,” het Gold ge­spot.

Gold sê hy neem 25 spe­lers saam en hul­le sal Don­der­dag ’n lig­te oe­fe­ning hê om die tam­heid uit die ly­we te pro­beer ver­dryf.

Dan volg Vry­dag se kap­teins­oe­fe­ning voor Sa­ter­dag se wed­stryd.

Gold het ont­hul hy was nog­al te­ë­sin­nig om die vlug­voe­ti­ge Garth A­pril Sa­ter­dag met Pa­trick Lam­bie te ver­vang.

“Ek het Pa­trick maar so half met ’n swaar hart op­ge­stuur, want Garth was skit­te­rend. Tog is dit deel van hoe ons spe­lers moet be­stuur. Pat het in min­der as ’n half­uur, ook uit­ste­kend ver­toon na­dat hy lank uit ak­sie was,” het Gold ge­sê.

Die Haaie-af­rig­ter sê al is daar heel­wat goeie te­kens hoe die span ont­wik­kel, is hul­le nog baie ver van die vol­tooi­de pro­duk af.

Tog hoort ’n baie oor­tui­gen­de oor­win­ning soos hier­die oor ver­le­de jaar se naas­wen­ner won­de­re te doen vir die self­ver­troue.

Gold hoop dat die mo­men­tum wat ver­kry is, be­hou moet word en nie on­ge­daan ge­maak word in Bu­e­nos Ai­res nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.