V­lieg­tuie swiep tot in toe­skou­er­har­te

Ve­te­ra­ne, nu­we­lin­ge draai, sweef en swiep

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

Daar was ou ge­lief­des soos die Har­vards en Ti­ger Mot­hs, die gra­si­eu­se Sil­wer Val­ke, die C­hee­tah-D en die G­ri­pen wat ge­wys het dat hul­le nog vuur in hul ster­te het.

Lug­vaart­lief­heb­bers het eer­gis­ter weer na die jaar­lik­se lugskou, aan­ge­bied deur die Lug­mag­mu­seum, by die Swart­kop­lug­mag­ba­sis in Cen­tu­ri­on ge­stroom.

Van­jaar was die te­ma “V­lieg­kuns deur die ja­re”.

Die i­dee van ’n lug­mag­mu­seum het al in die Twee­de Wê­reld­oor­log ont­staan, maar eers in 1973 is ’n rus­plek ge­skep waar oud­vlieg­veg­ters op­ge­pas en ver­troe­tel sou word.

Lt.kol. T­hor F­re­de­ricks, be­vel­voer­der van die SA Lug­mag­mu­seum, het vroe­ër ge­sê dié his­to­rie­se be­wa­rings­plek is heel­te­mal self­on­der­hou­dend. Al­le in­kom­ste van die lugskou word daar­voor ge­bruik.

Die doel met die skou is nie net om die vlie­g­en­jins van wel­eer te ver­toon nie, maar ook om die lug­mag se hui­di­ge slaan­krag in die lug­ruim te wys.

“Ons wil ook lug­vaart as be­roep on­der jon­ges be­mark,” het F­re­de­ricks ge­sê.

Hier­in het lt.kol. Craig (S­hark) Lee­son goed ge­slaag toe hy met ’n Ha­wk Mk120 die toe­skou­ers so te sê sweep­slag­be­se­rings laat op­doen het soos wat hul­le sy toer­tjies dop­ge­hou het.

Hy het van ’n klein spik­kel­tjie in die lug met doods­ver­ag­ten­de spoed grond toe ge­pyl.

“Dit kan jou doof maak,” het ’n mei­sie haar boe­tie ge­waar­sku. Boe­tie het nie om­ge­gee nie. Hy was op pad na die hei- ning om be­ter te kan sien, want die Har­vards was vol­gen­de aan die beurt.

Met ’n vrees­aan­ja­en­de uit­ge­rek­te “eeeee­uuuu-ka­boem-ka­boem” het die oud­oor­log­ma­sjie­ne op tei­kens los­ge­brand. El­ke skoot was se­kuur. Toe­skou­ers het a­sem op­ge­hou toe die Pitts haar­breed­tes van me­kaar af aan­ge­vlieg kom. Al­mal het ge­weet as die vlie­ë­niers nie so per­fek­si­o­nis­ties is nie, ’n ramp kan ge­beur.

Daar­na het die ge­sple­te stert van die o­ran­je-en-grys Vam­pi­re soos slag­tan­de aan­ge­swiep en reg­oor die stuur­ka­juit bol­ma­kie­sie ge­slaan.

Die mas­sa men­se was stil ge­skok.

Dit was ook hoe ’n vo­ël moes ge­voel het toe die C­hee­tah-veg­vlieg­tuig soos ’n vuur­pyl on­der sy eie klank weg­skiet en ver­by hom skiet.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Mar­cus du P­les­sis (2) se speel­goed­“e­li­kop­pel” vlieg net so hard saam met die reg­te Alou­et­te II­he­li­kop­ters ter­wyl hy hom in die vlieg­ma­sjie­ne se toer­tjies by die jaar­lik­se lugskou by die Swart­kop­lug­mag­ba­sis in­leef.

Drie Har­vards be­weeg in ’n ge­vegs­for­ma­sie in om te wys hoe hul­le die vy­and in die Twee­de Wê­reld­oor­log flen­ters ge­skiet het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.