Haaie is ál SA lig­punt

Reeks be­reik nou be­lang­ri­ke fa­se

Beeld - - Front Page - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Die Haaie het soos ’n lig­to­ring uit­ge­staan in ’n an­der­sins don­ker, storm­ag­ti­ge na­week vir Suid-A­fri­kaan­se span­ne in die Su­per­rug­by-reeks.

Met die twee voor­ste span­ne, die S­tor­mers en die Leeus, wat los­loot­jies ge­had het, was streep­sui­ker die sta­pel­voed­sel vir drie van die an­der vier Suid-A­fri­kaan­se span­ne.

Die Bul­le, C­hee­tahs en Sout­hern Kings het nie een na­by aan ’n oor­win­ning ge­kom nie.

Die Haaie het die ster­be­laai­de Hur­ri­ca­nes, wat net ’n week te­vo­re nog die Leeus op El­lis­park ver­mor­sel het, ’n af­ge­dank­te loe­sing van 32-15 ge­gee.

“Hier­die reeks gaan oor die ver­maak­lik­heids­fak­tor en het nou ’n baie in­te­res­san­te fa­se be­reik. Dit is nou wan­neer al­mal kan reg­skuif vir die wa­re ak­sie,” het Chris Boyd, die Hur­ri­ca­nes se af­rig­ter, Sa­ter­dag­aand in Dur­ban ge­sê.

“Din­ge gaan nog baie in­te­res­sant ver­loop. Ons be­reik nou die sta­di­um waar span­ne be­sef hul­le móét wen om steeds ’n sê te hê en dit is wat met die Haaie teen ons ge­beur het.

“Hul­le het voor­af be­sef as hul­le ons nie klop nie, sal dit vir hul­le baie moei­lik wees om die uit­speel­stry­de te haal. Daar­die des­pe­raat­heid het die bes­te uit hul­le ge­haal,” sê Boyd.

Dié Ki­wi sê dit is jam­mer dat een van die vier voor­ste SuidA­fri­kaan­se span­ne nie die uit­speel­stry­de sal haal nie.

“Die S­tor­mers, Leeus, Haaie en Bul­le speel al­mal goeie rug­by, hoe­wel ek moet er­ken ek nog nie veel van die S­tor­mers en die Bul­le ge­sien het nie, om­dat hul­le nie teen ons speel nie.”

Die Haaie het met hul se­ge oor die Hur­ri­ca­nes die eer­ste SuidA­fri­kaan­se span van­jaar ge­word wat hier op plaas­li­ke bo­dem met Ki­wi-teen­stand kon af­re­ken.

“Hul­le het ons in die skrums en die lyn­sta­ne oor­heers en Kee­gan Da­niel was e­norm in die los.

“Ek glo die in­ten­si­teit in die reeks gaan van nou af ver­hoog

Hier­die reeks gaan oor die ver­maak­lik­heids­fak­tor en het nou ’n baie in­te­res­san­te fa­se be­reik. – CHRIS BOYD

word, want een ne­der­laag kan be­te­ken dat jy gaan uit­mis op die uit­speel­stry­de,” sê Boyd.

Die S­tor­mers gee nog die pas aan in af­de­ling 1 van die SuidA­fri­kaan­se kon­fe­ren­sie met 29 pun­te, met die Bul­le op 28 net een punt ag­ter.

In af­de­ling 2 is die Leeus voor met 27 pun­te, maar die Haaie blaas in hul nek­ke met 26. Hul­le het een wed­stryd meer ge­speel as die Jo­han­nes­bur­gers en daar wag die na­week ’n moei­li­ke stryd op die Dur­ba­nie­te in Bu­e­nos Ai­res in ’n af­spraak met die Ja­gua­res.

Die Leeus kry weer met Ki­wi­teen­stand te doen in die Blu­es op El­lis­park. Die krag­me­ting tus­sen die Leeus en die Haaie, net ná die S­pring­bok­ke se in­ter­na­si­o­na­le reeks van drie toet­se teen Ier­land op 2 Ju­lie op El­lis­park, kan be­pa­lend wees vir wie deur­dring. Daar­die dag sal dit rug­by-oor­log wees in Doorn­fon­tein.

Die­self­de geld die S­tor­mers en Bul­le se stryd oor twee we­ke op Lof­tus. Op die oog af het die Ka­pe­naars ’n mak­li­ker laas­te deel van die sei­soen as die Bul­le. Hul weg­wed­stry­de teen oor­se­se teen­stan­ders is die Sun­wol­ves, Re­bels en For­ce en dit is bin­ne hul ver­moë om te wen.

Die Bul­le se hek­kie is ho­ër met weg­stry­de teen die Wa­ra­tahs en Ja­gua­res, en ook nog die Leeus, hoe­wel dit vir hul­le tuis is. Die C­hee­tahs weg kan ook uit­da­gend vir die Bul­le wees.

As die Haaie die Ja­gua­res en Leeus se ster­te kan knoop, is hul kop dalk deur, want tuis­stry­de teen die Sun­wol­ves, C­hee­tahs en Kings kan ge­wen word.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Haaie se Je­an­Luc du P­reez stuit die Hur­ri­ca­nes­vleu­el Ju­li­an Sa­vea in sy spo­re in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wed­stryd op Kings­park in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.