Sy foon bel som­mer self oor­see

Beeld - - Nuus -

’n An­der le­ser wat by sy sel­foon diens­ver­skaf­fer ’n blou­tjie ge­loop het, is Lou­rens K­rit­zin­ger. Hy is ’n Vo­da­com- kli­ënt.

“Ek het ver­le­de jaar na ’n nu­we foon op­gra­deer. Hier­die foon het ’n ruk­kie la­ter op sy eie ’n aan­tal oor­se­se nom­mers ge­bel en ook SMS­bood­skap­pe na nom­mers in an­der lan­de ge­stuur.

Ek het die pro­bleem on­der Vo­da­com se aan­dag ge­bring. Vol­gens hul teg­ni­ci moes my foon nu­we sag­te­wa­re kry. Ná hier­die in­stal­la­sie het ek nog nie weer hier­die pro­bleem ge­had nie.

“Dit was eg­ter nie die ein­de van my pro­bleem nie, aan­ge­sien Vo­da­com my vir die op­roe­pe en SMS-bood­skap­pe wat my foon op sy eie ge­maak en ge­stuur het, aan­ge­slaan het. Ek het hul­le ge­vra om hier­die be­drae af te skryf, maar Vo­da­com wou glad nie help nie. Hul­le bel my ge­reeld om die so­ge­naam­de ag­ter­stal­li­ge be­drag te be­taal en el­ke keer moet ver­tel ek nog ie­mand by Vo­da­com wat ge­beur het. Hul­le be­lo­we dan om moei­te van die saak te maak, maar dit vor­der nooit ver­der as dit nie.”

Ons het Vo­da­com op K­rit­zin­ger se klag­te be­dag ge­maak. Op sy jong­ste re­ke­ning het hul­le hom kre­diet vir die oor­se­se op­roe­pe en SMS­bood­skap­pe ge­gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.