Dog­ter se ser­ti­fi­kaat kom laat

Beeld - - Nuus -

And­rea Ma­ritz het ’n klag­te oor die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke vir Tot u Diens ge­stuur.

“Ek het ver­le­de jaar vir my dog­ter­tjie vir ’n ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat aan­soek ge­doen. Om­trent ses maan­de la­ter was die ser­ti­fi­kaat nog nie uit­ge­reik nie.

Ek het die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke ge­vra wat aan die gang is. Hul­le het my ge­vra om nog ’n vorm in te vul wat ver­on­der­stel was om die pro­ses te ver­snel. Nog vier maan­de la­ter het ek steeds nie die ser­ti­fi­kaat ge­had nie.

Ek het die plaas­li­ke kan­toor van bin­ne­land­se sa­ke be­soek waar hul stel­sel bui­te wer­king was. ’n Be­stuur­der het na my kom luis­ter, maar sy aan­dag was ge­wis nie op wat ek hom ver­tel het nie. Hy het la­ter ge­sê ek moet, maar ’n klag­te in­stuur. Ek is nou moeg om met el­ke na­vraag teen ’n muur vas te loop.”

Tot u Diens het Ma­ritz se klag­te on­der die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke se aan­dag ge­bring. Haar dog­ter se ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat is nou uit­ge­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.