Gems het be­ter x­stra­le no­dig

Beeld - - Nuus -

Je­a­net­te Vis­ser het by die Me­die­se fonds vir staats­wer­kers (Gems) vas­ge­brand.

“Ek het Gems vir voor­af mag­ti­ging vir ’n tand­heel­kun­de pro­se­du­re ge­vra, maar na­dat ek ge­rui­me tyd ge­wag het, dit nog nie ge­kry nie. Hul­le sou bin­ne 48 uur te­rug­voe­ring ver­skaf, maar dit het nie ge­beur nie. Ek het weer mag­ti­ging aan­ge­vra en weer het my ver­soek op do­we ore ge­val.”

Tot u Diens het Gems ge­vra of hul­le Vis­ser kan help. Hul­le sê haar ver­soek is wel ont­vang, maar dat hul­le haar dok­ter vir dui­de­li­ker x-stra­le ge­vra het. Dis nie aan hul­le ver­skaf nie.

Met die twee­de na­vraag is die­self­de ver­soek aan Vis­ser se dok­ter ge­stel. Die pro­se­du­re is nou goed­ge­keur. Gems het Vis­ser vir die op­ont­houd om ver­sko­ning ge­vra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.