Kings gee Blu­es op­draan­de

Beeld - - Sport -

Port E­li­za­beth. – Aan die po­si­tie­we kant kan ’n mens sê die Sout­hern Kings het Sa­ter­dag die Blu­es hard laat spook vir hul oor­win­ning met 34­18 in die Nel­son Man­de­la­baai­sta­di­on.

Aan die ne­ga­tie­we kant moet ’n mens weer mel­ding maak van die tuis­span se fou­te op die ver­de­di­ging, wat ein­de­lik tot sy on­der­gang ge­lei het.

Dat die Kings kon op­staan ná hul­le die vo­ri­ge na­week met 27­73 deur die Ja­gua­res in Ar­gen­ti­nië ver­ne­der is, is pry­sens­waar­dig.

“Al wat jy van jou span kan vra, is om 100% te gee en met toe­wy­ding te speel en ek het ge­dink hul­le (die Kings) het dit ge­doen,” het Ta­na U­ma­ga, die Blu­es se hoof­af­rig­ter, ge­sê.

U­ma­ga was ver­heug dat sy span ein­de­lik, ná by­na twee jaar, weer ’n weg­wed­stryd kon wen.

De­on Da­vids, die Kings se af­rig­ter, was ook trots op sy span se veg­gees en be­ter ver­to­ning.

“Ons het op die aan­val baie ge­leent­he­de ge­skep, maar ons het ons­self ook in die steek ge­laat deur nie be­hoor­lik af te rond nie,” het hy ge­sê. ) Pun­te­ma­kers: Blu­es 34 (19): Drieë: Ja­mes Par­sons, Me­la­ni Na­nai (2), Bil­ly Guy­ton, Te­vi­ta Li. Doel­skop­pe: I­haia West (3). Straf­doel: West. Sout­hern Kings 18 (10): Drieë: Ja­mes Hall, Ed­gar Ma­rut­lul­le. Doel­skop­pe: El­gar Watts (1). Straf­doe­le: Watts (1), Jur­gen Vis­ser (1). – Mi­cha­el G­reen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.