San­ger se prin­ses­sie 2 maan­de te vroeg

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Dit was “’n moei­li­ke tyd”, maar die san­ger Ger­hard S­teyn is die pa van ’n “won­der­werk”.

S­teyn en sy vrou, Zel­ri, ry el­ke dag van Boks­burg na P­re­to­ria om by hul ba­ba­dog­ter­tjie in die hos­pi­taal te gaan kui­er.

Zar­di S­teyn, die eg­paar se “klein prin­ses­sie”, het so­wat ’n maand ge­le­de haar op­wag­ting ge­maak, twee maan­de vroe­ër as be­plan. S­teyn het tot Moe­ders­dag ge­wag voor­dat hy die aap uit die mou ge­laat het.

“Dis tyd om ons groot ge­heim met jul­le te deel. Ek, Ger­hard S­teyn, het pap­pa ge­word,” het hy eer­gis­ter op Fa­ce­book ver­klap.

“Ag, die pro­ses is nie nóú baie lek­ker nie. Maar ek is net bly hul­le is ge­sond,” het S­teyn, wat ver­al be­kend is om sy sok­kie­tref­fer “Ba­by tjok­lits”, aan Beeld ge­sê.

Hy sê hy het be­sluit om die nuus vir eers stil te hou om­dat hul­le deur ’n moei­li­ke tyd ge­gaan het. “Dit was maar trau­ma­ties,” sê hy.

“Ek dink baie be­ken­des is te vin­nig om met ’n ding na die me­dia toe te hard­loop. Ek is baie pri­vaat oor ons le­we.”

Nou het sy op­ge­won­den­heid die oor­hand ge­kry.

“Men­se kan nou saam met ons bid. Ons het in die ver­le­de, toe my ma siek was, so­veel on­der­steu­ning ge­kry.”

S­teyn sê hy is eint­lik “’n ou wat be­plan” en die swan­ger­skap was on­ver­wags. “Maar toe dit ge­beur, was ek net soos: Wow!”

Vol­gens S­teyn was Zel­ri al twee maan­de swan­ger toe hul­le ein­de ver­le­de jaar uit­ge­vind het sy ver­wag. “En toe kom sy (Zar­di) nog twee maan­de vroe­ër ook. So ons het eint­lik net vyf maan­de van die swan­ger­skap be­leef.”

Die laas­te twee maan­de van Zel­ri se swan­ger­skap was baie moei­lik en sy was baie siek met ’n toe­stand ge­naamd preeklamp­sie (hoë bloed­druk ty­dens swan­ger­skap). Vol­gens S­teyn was die dok­ter be­kom­merd oor ver­kal­king van Zar­di se or­ga­ne en kom­pli­ka­sies wat haar sin­tuie kon aan­tas.

“Zar­di se hart­klop het baie sta­dig ge­word en sy kon dood­ge­bo­re ge­wees het. Of my vrou se or­ga­ne kon be­gin in­gee of sy kon ’n be­roer­te kry.”

Sy is daar­om die og­gend van 14 A­pril met ’n nood­kei­ser­snee ge­bo­re. Sy het net 1,2 kg ge­weeg. “Maar sy is ’n klein ys­ter­tjie,” sê S­teyn.

“Sy is 100% ge­sond. Sy is reg­tig ’n klein won­der­werk.”

Zar­di is nog in die ho­ë­sorg­een­heid. S­teyn, wat nie die naam van die hos­pi­taal wou be­kend maak nie, hoop sy kan oor twee we­ke huis toe gaan.

Zel­ri en Ger­hard S­teyn gis­ter by hul ba­ba­dog­ter­tjie, Zar­di.

Zar­di toe sy nog net twee dae oud was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.