Nag, ou gro­te: Vic groet rug­by op ’n hoë noot

‘Waar’s Pou­blou­es se vry­pas?’

Beeld - - Front Page - Ti­nus van S­ta­den

Bloem­fon­tein. – Gee die ‘Groot Ses’ ook iets om voor te speel. Hou op om Griekwas kna­end te dwing om vir die Cur­rie­be­ker te kwa­li­fi­seer. En wan­neer kry die Pro­vin­si­a­le Reeks nou een­dag har­sing­skud­ding-toet­se?

Dit was maar en­ke­le van die pun­te wat die Griekwas-af­rig­ter, Pe­ter Eng­le­dow, gis­ter in ’n ti­ra­de oor die Pro­vin­si­a­le Reeks ge­op­per het.

Baie as­pek­te van dié reeks ir­ri­teer hom, het Eng­le­dow ge­sê, ver­al die feit dat sy span die geel­wor­tel van Cur­rie­be­ker-rug­by daar­in moet jaag, maar ses van die span­ne teen wie hul­le te staan kom, nie die­self­de mik­punt het nie.

Die so­ge­naam­de ‘Groot Ses’ van Suid-A­fri­kaan­se rug­by, die Haaie, Bul­le, Leeus, Vry­staat, WP en OP-Kings, is in ak­sie in dié reeks maar reeds ver­se­ker van deel­na­me aan die Cur­rie­be­ker.

Die oor­bly­wen­de agt u­nies, wat Griekwas in­sluit, stoei in die Pro­vin­si­a­le Reeks sa­ke uit om d­rie plek­ke in die Cur­rie­be­ker.

“Hier­die is nou die der­de jaar dat Griekwas moet kwa­li­fi­seer vir die Cur­rie­be­ker en dit lyk as­of ons dit gaan doen.

“Dit plaas ons on­der vrees­lik baie druk as ons moet kwa­li­fi- seer, maar ons het nog nie ’n hoof­borg nie.

“Wan­neer gaan be­sluit word Griekwas hoef nie meer te kwa­li­fi­seer nie?” wou hy weet.

Die Griekwas-breier het ge­sê hy is ook stom­ge­slaan dat span­ne in dié reeks net 22 spe­lers in ’n groep kan kies en nie, soos dees­dae die norm is, 23 nie.

“Dit is die e­nig­ste kom­pe­ti­sie in die wê­reld waar groe­pe nog uit 22 spe­lers be­staan.

“Dan is daar ook geen har­sing­skud­ding-toet­se by die wed­stry­de nie.”

Nog iets wat krap is dat die Pro­vin­si­a­le Reeks steeds nie ’n borg of selfs amp­te­li­ke naam het nie. Tot op he­de was daar geen aan­kon­di­ging hier­oor nie, en daar is ook nie ’n tro­fee óf prys­geld op die spel nie.

Eng­le­dow sê dit be­te­ken die ‘Groot Ses’ het hoe­ge­naamd geen geel­wor­tel voor hul neu­se nie.

“Daar moet vir die ‘Groot Ses’ ook iets wees om voor te speel. Ek dink dit is be­lang­rik dat daar aan­spo­ring is vir die span­ne wat mee­ding,” het Eng­le­dow ge­sê.

Na ver­neem word het die Pro­vin­si­a­le Reeks reeds ’n borg, maar die aan­kon­di­ging daar­van is in die han­de van die be­trok­ke borg.

In­dien daar prys­geld of ’n be­ker op die spel gaan wees, sal dit by die aan­kon­di­ging van die borg be­kend­ge­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.