Jag­ter skiet vriend per a­buis dood

Hy mik ag­ter­op bak­kie na bos­vark

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Jag­uit­stap­pie van ’n groep vrien­de op ’n wild­plaas in Lim­po­po het die na­week op ’n tra­ge­die uit­ge­loop toe ’n skoot een van die mans in die kop ge­tref het.

Mo­sie Mos­tert (53), wat in die pas­sa­sier­sit­plek van ’n Toyo­ta Hi­lux-dub­bel­ka­juit­bak­kie ge­sit het, is op slag dood.

Dit het Sa­ter­dag­aand ná 18:00 by Tints­ha­ba op die Ma­se­ke­wild­plaas in die Mi­ca-ge­bied tus­sen P­ha­la­bor­wa en Hoed­spruit ge­beur. Dit is so­wat 30 km van die P­ha­la­bor­wa-lug­ha­we.

Vyf mans was op die jag­uit­stap­pie.

Mos­tert het in die pas­sa­sier­sit­plek ge­sit, ter­wyl Chris­to Koen die bak­kie be­stuur het.

D­rie van die mans was ag­ter­op die bak­kie. Hul­le het glo bos­var­ke ge­jag.

Een van die mans ag­ter­op die bak­kie het met ’n .308-jag­ge­weer ge­mik na waar hy ge­meen het hy ’n bos­vark sien.

Dit is on­dui­de­lik wat pre­sies ge­beur het, maar ’n skoot het ge­knal en Mos­tert is in die kop ge­tref.

Na wat ver­neem word, het Mos­tert in die B­ly­de­ri­vier Wild­li­fe E­sta­te in Hoed­spruit ge­woon.

Kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê Koen is skrams deur die­self­de koe­ël in die lin­ker­voet ge­tref.

Dit is nie be­kend wat pre­sies ge­beur het na­dat Mos­tert en Koen raak ge­skiet is nie.

Die po­li­sie is die aand na Tints­ha­ba ont­bied.

S­te­phan Jo­han­nes (SJ) Fou­rie (42), wat ag­ter­op die bak­kie was en glo die skoot af­ge­trek het, is erg ge­skok.

Ot­to sê hy het op die to­neel in­me­kaar­ge­sak. Hy ly glo aan di­a­be­tes en is na die Map­hut­ha­hos­pi­taal ge­neem waar hy se­dert­dien on­der po­li­sie­be­wa­king is.

Fou­rie is van Bur­gers­fort en sal so­dra hy uit die hos­pi­taal ont­slaan word op ’n aan­klag van moord in die land­dros­hof in P­ha­la­bor­wa ver­skyn.

Tints­ha­ba se te­le­fo­ne het gis­ter­mid­dag on­be­ant­woord ge­bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.