Man pro­beer gil­len­de 4­ja­ri­ge by sko­le­sport­dag ont­voer’

Nie­mand help gil­len­de op­pas­ser

Beeld - - Front Page - Alet van der Walt

bl. 4

Kroon­stad. – ’n Kleu­ter van hier is so by­na deur ’n man ont­voer toe hy Sa­ter­dag saam met sy on­der­wy­se­res-ma en nog ge­sins­le­de by ’n sport­dag in Sa­sol­burg was.

’n V­rien­din van sy ma kon die kind eers red ná ’n stoei­e­ry met die man, wat ver­moe­de­lik gees­tes­ver­steurd is.

Hy het glo ge­sê hy wou net met die kind speel.

Chris­to Mie­nie (4) is die seun van Dolf en San­dra Mie­nie.

San­dra het Sa­ter­dag­og­gend as skeids­reg­ter by die Tink­tin­kie­sport­dag vir ju­ni­or la­er­skool­leer­lin­ge op­ge­tree.

Mie­nie was sa­lig on­be­wus van die drama wat op die Noord­skool se sport­ter­rein af­ge­speel het ter­wyl sy as skeids­reg­ter diens ge­doen het.

San­dra het Chris­to in die sorg van ’n v­rien­din, E­ri­ca Emms, ge­laat.

Een van Emms se kin­ders en Chris­to is in die­self­de kleu­ter­skool en om­trent ewe oud.

Emms en haar pa, Lou­is Roux, het na die twee kleu­ters om­ge­sien.

Sy het Beeld ver­tel sy het net ge­voel Chris­to se hand ruk uit ha­re.

Sy het ’n oom­blik ge­dink hy het los­ge­ruk om te hard­loop.

Die man het Chris­to “soos ’n sak aar­tap­pels oor sy skou­ers ge­gooi en met hom ge­hard- loop”, sê Emms.

Sy het die man ag­ter­na­ge­sit en om hulp ge­roep.

Die man, met ’n oop­ge­knoop­te hemp en ’n bo­lyf oor­trek met ou let­sels van wat lyk na mes­won­de, het Chris­to eers laat gaan toe sy die seun­tjie met ’n stoei­e­ry uit sy greep ge­kry het.

Emms sê hoe­wel se­we sko­le deel­ge­neem het en dit ge­we­mel het van toe­skou­ers, het nie­mand haar kom help of hul­le ge­steur aan die gil­len­de kind nie.

Dit was vir haar die skok­kend­ste er­va­ring dat nie­mand haar ge­help het nie.

Sy het Wil­lie de Beer, ’n bank­be­stuur­der en ou­er van Kroon­stad, ge­sien en na­der­ge­roep om haar te help.

Emms het die man, wat nog op die ter­rein was, aan De Beer uit­ge­wys.

De Beer het die man, wat vol­gens hom nie by sy vol­le po­si­tie­we was nie, aan per­so­neel­le­de van die s­kool oor­han­dig.

De Beer sê die man het ge­sê hy wil met die kind speel.

Die po­li­sie het die man glo weg­ge­neem.

San­dra Mie­nie sê sy het nie ’n klag by die po­li­sie in­ge­dien nie, maar Sa­sol­burg se po­li­sie het gis­ter per SMS aan ’n lid van ’n ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum be­ves­tig dat hul­le die voor­val teen die man aan- ge­te­ken het.

Lt. Li­vhu­ha­ni Ha­ni, woord­voer­der van die po­li­sie in Sa­sol­burg, het be­ves­tig dat ’n men­se­roof­klag nie aan­han­gig ge­maak is nie.

Die man is glo gees­tes­ver­steurd, maar van die men­se by die s­kool het ge­sê hy is on­ska­de­lik.

San­dra sê dit lyk nie as­of Chris­to e­nig­sins deur die voor­val ge­raak is nie.

Sy, De Beer en Emms sê men­se be­sef nie hoe vin­nig so iets kan ge­beur nie en sko­le sal meer vei­lig­heids­be­wus moet wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.