Ra­map­ho­sa na A­fri­ka se WEF

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa – en nie pres. Ja­cob Zu­ma nie – gaan mô­re ’n ho­ë­vlak-re­ge­rings- en sa­ke-af­vaar­di­ging by die A­fri­ka-Wê­reld- E­ko­no­mie­se Forum (WEF) lei.

Vol­gens T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, moet daar nie te veel daar­in ge­lees word dat Zu­ma nie die af­vaar­di­ging lei nie.

“Ra­map­ho­sa is heel waar­skyn­lik die vaar­dig­ste per­soon wat Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie­se uit­da­gings en si­tu­a­sie kan ver­dui­de­lik,” sê Ven­ter.

Vol­gens hom is dit dus ’n stra­te­gie­se be­sluit dat Ra­map­ho­sa die af­vaar­di­ging lei, bloot om­dat Suid-A­fri­ka ie­mand daar no­dig het wat die land se saak goed kan stel.

Ven­ter sê die vraag be­hoort eint­lik te wees waar­om Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, nie die forum gaan by­woon nie.

“’n An­der re­de waar­om Zu­ma moont­lik nie gaan nie, is om­dat dit nie die Wê­reldE­ko­no­mie­se Forum in S­wit­ser­land is wat al die staats­hoof­de ge­woon­lik by­woon nie. Daar sal heel waar­skyn­lik van­dees­week nie veel staats­hoof­de by die A­fri­ka­ver­ga­de­ring wees nie.”

Die A­fri­ka-WEF be­gin mô­re in R­wan­da se hoof­stad, Ki­ga­li, met die te­ma “Ver­bind A­fri­ka se hulp­bron­ne deur di­gi­ta­le trans­for­ma­sie”.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur die pre­si­den­sie gaan SuidA­fri­ka se af­vaar­di­ging die land be­vor­der as een wat “oop is vir sa­ke en ’n ver­ko­se be­stem­ming vir be­leg­gers is”.

“Die af­vaar­di­ging gaan die ge­leent­heid van ver­skeie plat­forms ge­bruik om dit aan be­leg­gers oor te dra dat SuidA­fri­ka se ma­kro-e­ko­no­mie­se om­ge­wing veer­krag­tig is en dat die land ’n sta­bie­le e­ko­no­mie het,” lui die ver­kla­ring.

Die A­fri­ka-WEF ein­dig Vry­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.