Wie is reg­ter Ma­bel Jan­sen?

Beeld - - Nuus -

Reg­ter Ma­bel Jan­sen (61) kom uit ’n be­ken­de regs­fa­mi­lie.

Haar pa was ou­dap­pèl­reg­ter Erns Jan­sen, wat in ’n sta­di­um die waar­ne­men­de hoof­reg­ter was.

Haar ma, Ro­na Cad­le, was een van die eer­ste vroue in Suid­A­fri­ka wat die LLB­regs­graad ver­werf het, het die Al­ge­me­ne Ba­lie­raad van Suid­A­fri­ka (Sa­bar) in een van sy regs­joer­na­le ge­sê.

Ma­bel Jan­sen het in 1972 aan die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool in P­re­to­ria ge­ma­tri­ku­leer.

Vol­gens Sa­bar het Jan­sen ’n BA­graad met lof in 1975 ver­werf, ’n hon­neurs­graad in Frans in 1976 en ’n LLB­graad met lof in 1983.

Sy het se­dert 1984 as ad­vo­kaat in die P­re­to­ri­a­se ba­lie ge­prak­ti­seer en in 1997 se­ni­or sta­tus as ad­vo­kaat be­haal.

Jan­sen het ge­spe­si­a­li­seer in han­dels­merk­reg, on­reg­ma­ti­ge me­de­din­gings­ak­sies, ou­teurs­reg en pa­tent­reg.

Sy is op 1 De­sem­ber 2013 as reg­ter aan­ge­stel.

Sy was ge­troud met Wil­helm Pe­ter Gro­te­pass en het twee dog­ters.

Vol­gens Sa­bar was ou­dap­pèl­reg­ter Jan­sen lan­ger as 30 jaar op die reg­bank. Hy is in Mei 2011 dood.

Hy was die seun van dr. E.G. Jan­sen, voor­ma­li­ge goe­wer­neur­ge­ne­raal van die U­nie van Suid­A­fri­ka en spea­ker van die par­le­ment, en Ma­bel Jan­sen, ’n for­mi­da­be­le voor­stan­der van A­fri­kaans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.