SA in­sek na Brad ge­noem

We­sp teer op skoen­lap­pers en mot­te, maar is dalk nut­tig

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

Nóg ’n gog­ga is na Bran­ge­li­na ge­noem. Dié een is piep­klein en pa­ra­si­ties, maar trots SuidA­fri­kaans.

Conobregma bradpitti, ’n we­sp van by­na 2 mm, is ’n ruk ge­le­de in K­waZu­lu-Na­tal ont­dek. ’n In­ter­na­si­o­na­le span we­ten­skap­li­kes het die we­sp be­skryf en ge­doop, lui­dens ’n ar­ti­kel in ZooKeys, ’n aan­lyn­pu­bli­ka­sie van goed­ge­keur­de bi­o­lo­gie-ar­ti­kels.

Dr. Bun­ti­ka But­cher van die C­hu­la­long­korn-u­ni­ver­si­teit in T­hai­land en hoof­skry­wer van die ar­ti­kel, sê die naam is ge­kies om­dat sy tal­le plak­ka­te van Brad Pitt in haar kan­toor het.

Pitt se vrou, An­ge­li­na Jo­lie, het vroe­ër ’n spin­ne­kop na haar ge­noem ge­kry: Ap­to­sti­chus an­ge­li­na­jo­lie­ae.

Conobregma bradpitti be­hoort tot ’n groot groep wes­pe wat op mot­te en skoen­lap­pers teer. Hul­le lê hul ei­ers bin­ne-in hul gas­heer, wat la­ter ver­hard en ’n vei­li­ge “ko­kon” vorm. Met­ter­tyd broei die lar­wes uit die ge­mum­mi­fi­seer­de gas­heer.

Dis iet­wat ma­ka­ber, maar die wes­pe kan eint­lik van groot waar­de wees van­weë hul po­ten­si­aal om vir die bi­o­lo­gie­se be­heer van pes­te en plae aan­ge­wend te word.

Die we­sp is don­ker­bruin, met ’n geel­bruin kop, voe­lers en po­te en deur­sig­ti­ge, blin­ke­ri­ge vler­ke en is vir die eer­ste keer op­ge­merk by Mad­lan­gu­la, noord­wes van Ko­si­baai in K­waZu­lu-Na­tal, en na­by die grens met Mo­sam­biek.

Bran­ge­li­na is nie die e­nig­ste Hol­ly­wood-ster­re na wie gog­gas of an­der or­ga­nis­mes ge­noem is nie.

Die see­slak Man­de­lia mi­ro­cor­na­ta, wat aan die oos­kus van Suid-A­fri­ka aan­ge­tref word, is na Nel­son Man­de­la ge­noem, die Ka­li­for­nie­se val­deur­spin­ne­kop, Ap­to­sti­chus ba­racko­ba­mai, het sy naam te dan­ke aan pres. Ba­rack O­ba­ma van die VSA, en die ke­wer A­nop­ht­hal­mus hit­le­ri is na die Na­zi­lei­er ge­noem.

Die blom­vlieg E­ris­ta­lis ga­te­si het sy naam van die A­me­ri­kaan­se mil­jar­dêr Bill Ga­tes ge­kry en Try­pa­no­so­ma i­r­wi­ni, die bloed­pa­ra­siet wat in ko­a­las voor­kom, na die Aus­tra­lie­se kro­ko­dil­man wy­le S­te­ve Ir­win.

Die vlin­der Po­tant­hus con­fu­ci­us is ge­noem na die C­hi­ne­se wys­geer Con­fu­ci­us, die wa­ter­myt Li­ta­ra­chna lo­pe­zae na die san­ge­res Jen­ni­fer Lo­pez, die skaal­dier­tjie G­na­thia mar­leyi na die reg­gae-ster Bob Mar­ley en nog ’n spin­ne­kop, Lou­ree­dia an­nu­li­pes, na die san­ger Lou Reed.

Fo­to: COLUMBIA PICTURES

Brad Pitt in ’n to­neel uit Fu­ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.