T­re­vor No­ah ‘bou ge­dul­dig’ aan sy ge­hoor

Beeld - - Nuus - – Al Ja­zeera

T­re­vor No­ah het ’n ge­dul­di­ge be­na­de­ring in sy po­ging om The Dai­ly S­how se ky­ker­tal op te stoot.

Voor­dat John Ka­sich hand­doek in­ge­gooi het in sy po­ging om die Re­pu­bli­kein­se Par­ty se pre­si­dents­kan­di­daat in die VSA te word, het hy Jon S­tewart se uit­tre­de as aan­bie­der van dié Co­me­dy Cen­tral-reeks be­treur en ge­sê “Trump is ge­luk­kig” om aan S­tewart se skerp kri­tiek te ont­kom.

No­ah, wat S­tewart ver­vang het, het die laas­te sê op T­wit­ter ge­had.

No­ah er­ken dis ’n ge­dug­te taak om die lei­sels van die pro­gram by S­tewart oor te neem.

Tot dus­ver lok hy net so­wat die helf­te van die ky­kers wat S­tewart ver­le­de jaar ge­kry het en die kri­ti­ci is nie al­tyd ewe gaaf nie.

“Jy kan Jon S­tewart se skoe­ne nooit vol­staan nie, dus is die be­lang­rik­ste ding om nie te pro­beer om sy skoe­ne vol te staan nie.

“Jy doen net jou eie ding en dit wat ek el­ke dag pro­beer doen: om my eie pro­gram te maak.”

Vir dié 32-ja­ri­ge Suid-A­fri­kaan­se ko­me­di­ant het dit be­te­ken om meer van ’n wê­reld­per­spek­tief na die pro­gram te bring.

“Ek dink aan my­self as ’n wê­reld­bur­ger,” sê No­ah. “Die pro- gram ont­wik­kel sta­dig­aan in dié rig­ting.”

Dié be­na­de­ring en sy vaar­dig­heid met so­si­a­le me­dia be­gin vrug­te dra.

Co­me­dy Cen­tral sê die pro­gram lok al hoe meer in­ter­na­si­o­na­le ky­kers dank­sy ’n re­kord­ge­tal uit Suid-A­fri­ka en toe­na­mes in B­rit­tan­je, De­ne­mar­ke, Ier­land en S­we­de.

The Dai­ly S­how word nou in 170 lan­de uit­ge­saai, ver­ge­le­ke met 163 on­der S­tewart.

Dit be­gin die na­week vir die eer­ste keer op ’n Mid­deOos­ter­se ka­naal wys.

Jen­ni­fer Keis­hin Arm­strong, wat oor kul­tuur skryf, dink A­me­ri­ka­ners sal hul har­te nog vir No­ah oop­maak. Dit het S­tewart im­mers 16 jaar ge­vat om sy ge­hoor te kweek.

“Hy het hier­die bui­te­stan­der-, in­ter­na­si­o­na­le be­na­de­ring wat vir my reg voel,” sê sy. “Ek dink dis so­wel iets wat men­se wil hê en waar­mee hul­le meer ge­mak­lik is – as wat hul­le eint­lik no­dig het, of hul­le dit wil hê of nie.”

Co­me­dy Cen­tral sê sy pro­gram word maan­de­liks so­wat 67 mil­joen keer oor al­le di­gi­ta­le plat­forms heen ge­stroom, 22% meer as ver­le­de jaar.

“Ek her­in­ner my­self om net pret te hê,” sê No­ah oor sy be­na­de­ring tot die pro­gram.

Fo­to: WIREIMAGE

T­re­vor No­ah woon die Ma­nus x Ma­chi­na: Fashi­on in an Age of Techno­lo­gy­kos­tuum­ga­la by die Me­tro­po­li­tan­kuns­mu­seum vroe­ër van­dees­maand in New York by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.