D­rie in hof oor SAL­hoof

Beeld - - Nuus - – News24

de be­wy­se kan peu­ter en glo in­lig­ting van die po­li­sie weer­hou het en daar­om ook nie borg­tog moet kry nie.

Hy het ge­sê vals ge­tui­e­nis is aan die po­li­sie ge­gee en dat die be­skul­dig­des die to­neel laat lyk het as­of daar ’n huis­roof­tog was.

Die twee vroue se regs­ver- teen­woor­di­gers het ge­meen die po­li­sie het nie hul re­des waar­om hul­le borg­tog teen­staan, vol­doen­de be­wys nie.

Chris se lyk is in sy huis ge­vind. Die vroue be­weer hul­le was by ’n vul­sta­sie en dat hy in dié tyd deur ro­wers aan­ge­val is.

Kol. Joep Jou­bert, ’n woord- voer­der van die Brak­pan­se po­li­sie, het vroe­ër ge­sê die ma­nier waar­op die huis om­ge­keer is, was vir die po­li­sie ver­dag.

Laaie was uit­ge­keer en die kluis was oop, maar daar was geen te­ken van ’n in­braak nie.

Al­bei be­skul­dig­des is se­dert 16 A­pril in aan­hou­ding. Die ver­rig­tin­ge gaan mô­re voort. Die voor­ma­li­ge hoof­be­stuur­der van die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL), die be­dryfs­hoof van Mo­ga­le Ci­ty en ’n pri­va­te on­der­soe­ker het gis­ter in die hof ver­skyn op aan­klag­te dat hul­le Du­du My­e­ni, die SAL se voor­sit­ter, met ver­vals­te do­ku­men­te wou dwing om te be­dank.

Mon­wa­bi­si Ka­la­we, A­bed­ne­go M­bu­la­wa en Paul O’Sul­li­van het ver­skyn op on­der meer aan­klag­te van in­ti­mi­da­sie, be­drog en ver­val­sing van do­ku­men­te in ’n po­ging om My­e­ni te laat be­dank.

Hul­le het in die land­dros­hof in Kemp­ton Park ver­skyn en die ver­rig­tin­ge is tot 7 Ju­nie uit­ge­stel, het Lu­vu­yo M­fa­ku, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NGV), ge­sê.

O’Sul­li­van se huis is in A­pril ver­le­de jaar deur­ge­soek en daar is op sel­fo­ne en re­ke­naars be­slag ge­lê.

Dit het ge­volg op ’n e-pos wat hy na be­we­ring ge­stuur het waar­in hy eis dat My­e­ni as SAL-voor­sit­ter be­dank. Hy het glo bank­do­ku­men­te ge­had wat sou ge­toon het dat My­e­ni oor­se­se bank­re­ke­nin­ge ge­bruik vir geld wat sy na be­we­ring sou ge­kry het as om­koop­geld wat ver­band hou met lug­diens­ten­ders.

Hy het na be­we­ring be­sef die bank­do­ku­men­te is ver­vals en het die po­li­sie in ken­nis ge­stel.

News24 het in Maart ver­le­de jaar be­rig dat O’Sul­li­van ’n klag van be­drog en ver­val­sing teen M­bu­la­wa in­ge­dien het.

E-pos­se wat deel is van die klag, het glo ge­toon dat Ka­la­we R150 000 in ’n re­ke­ning in M­bu­la­wa se naam ge­de­po­neer het – geld wat hy glo no­dig ge­had het om do­ku­men­te van sy bron­ne in Frank­ryk te be­kom.

M­bu­la­wa het des­tyds die be­we­rings in ’n SMS ont­ken. “As die be­dryfs­hoof van ’n mu­ni­si­pa­li­teit wat ’n skoon ou­dit ge­kry het, het ek geen re­de ge­had om deel te wees van sul­ke be­drieg­li­ke ak­ti­wi­tei­te nie,” het hy ge­sê.

Op ’n vraag hoe­kom Ka­la­we dan R150 000 in sy re­ke­ning in- be­taal het, het M­bu­la­wa ge­sê: “Dit is ’n pri­va­te aan­ge­leent­heid tus­sen hom en my­self en het niks met on­wet­ti­ge ak­ti­wi­tei­te te doen nie. Ek doen kon­sul­ta­sie­werk. Hy het na my ge­kom vir raad met sy pro­ble­me.

“Ek het af­skrif­te van fak­tu­re wat ek aan hom ge­stuur het. Hy het raad ge­vra en het daar­voor be­taal. My in­te­gri­teit is baie be­lang­rik.”

BDLi­ve het in A­pril ver­le­de jaar be­rig dat Ka­la­we in sy eeds­ver­kla­ring aan die ar­beids­hof oor sy vo­ri­ge skor­sing ge­sê het dat die SAL hom daar­van be­skul­dig het dat hy vals bank­do­ku­men­te in die bui­te­land ge­koop het om My­e­ni swart te smeer. Hy het die do­ku­men­te glo aan O’Sul­li­van ge­stuur om­dat hy ge­weet het dié sal dit o­pen­baar maak.

Ka­la­we het dit in hof­do­ku­men­te ont­ken en be­weer hy het die o­pen­ba­ring ge­doen in die be­lang van die SAL.

) O’Sul­li­van het gis­ter in die­self­de hof ver­skyn op aan­klag­te dat hy die Im­mi­gra­sie­wet oor­tree het. Hy het na be­we­ring ver­skeie pas­poor­te in sy be­sit ge­had toe hy na Lon­den wou vlieg. Dié ver­rig­tin­ge her­vat ook op 7 Ju­nie.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Fa­mi­lie en vrien­de gis­ter bui­te die Brak­pan­land­dros­hof, waar Cathy van Oudts­hoorn en Jo­ri­na van Nie­kerk te­reg­staan weens die moord op Chris van Oudts­hoorn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.