11 in hof na­dat 24 sko­le in ge­bied brand

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die po­li­sie gaan moont­lik nog men­se in heg­te­nis neem na­dat 24 sko­le in Vu­wa­ni en Le­vu­bu in Lim­po­po aan die brand ge­steek is.

Gis­ter het 11 men­se weens o­pen­ba­re ge­weld en brand­stig­ting in die Ma­la­mu­le­le-land­dros­hof ver­skyn. Die saak is tot 16 Mei uit­ge­stel en hul­le sal in aan­hou­ding bly.

Ses ver­skyn Maan­dag in die T­ho­hoy­an­dou-land­dros­hof.

Aan­vank­lik is 23 men­se in heg­te­nis ge­neem, maar daar was nie ge­noeg be­wy­se teen twee mans nie. Vier is min­der­ja­rig en in die sorg van maat­skap­li­ke wer­kers wat hul­le sal e­va­lu­eer, sê lt.kol. Ma­le­se­la Ledwa­ba, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po.

’n Groot ge­tal le­de van die po­li­sie se een­heid vir o­pen­ba­re or- de is nog in die Vu­wa­ni-streek, wat so­wat 50 ne­der­set­tings het.

In­wo­ners sê die po­li­sie voer snags en vroeg­og­gend klop­jag­te op hui­se uit op soek na die men­se wat mil­joe­ne ran­de se ska­de aan­ge­rig het.

Van die 24 sko­le is 20 heel­te­mal ver­woes en vier is deels af­ge­brand en do­ku­men­te, boe­ke, ta­fels en stoe­le en re­ke­naars het in die slag ge­bly.

An­der sko­le in die ge­bied is ge­sluit weens in­wo­ners se weg­bly­ak­sie.

Hul­le wei­er om saam met Ma­la­mu­le­le in ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit in­ge­sluit te word. Ver­skeie mi­nis­ters pro­beer in­gryp.

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê daar is nog geen aan­dui­ding wan­neer leer­lin­ge weer s­kool toe sal kan gaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.