B­ri­ga­dier wat lank nie werk in la­er pos

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die sta­sie­be­vel­voer­der van die Jep­pe-po­li­sie­kan­toor in Jo­han­nes­burg is ge­de­mo­veer tot ad­junk­be­vel­voer­der om­dat hy glo die af­ge­lo­pe twee jaar 156 dae af­we­sig was.

B­rig. Go­vind­sa­my Ma­rie­mut­hoo het 70 va­kan­sie­dae – 64 dae ver­lof vir ty­de­li­ke on­ge­skikt­heid en 22 dae siek­te­ver­lof – ge­neem, vol­gens Jack Bloom, DA-lid van die Gau­teng­se wet­ge­wer.

“Hy was die af­ge­lo­pe twee jaar 30% van die tyd nie by die werk nie,” lui ’n DA-ver­kla­ring.

“Ek hoop sy daag­lik­se teen­woor­dig­heid word deeg­lik ge­mo­ni­tor en hy doen die werk waar­voor hy be­taal word,” sê Bloom in die ver­kla­ring.

B­rig. Da­vid Ng­co­bo is die nu­we Jep­pe-be­vel­voer­der.

Hy is in Ju­nie ver­le­de jaar as be­vel­voer­der van die A­lex­an­dra­po­li­sie­kan­toor ge­skors na­dat ’n kon­sta­bel van dié kan­toor vier men­se ge­skiet het, sê Bloom in die ver­kla­ring.

Lt.kol. Dla­mi­ni Lun­ge­lo, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê dit is die po­li­sie se pro­vin­si­a­le be­stuur se “voor­reg” om po­li­sie­le­de te her­ont­plooi.

Bloom sê hy hoop Ng­co­bo kan sa­ke in Jep­pe gou reg­ruk.

“Mis­daad in die Jep­pe-po­li­sie se ge­bied het baie toe­ge­neem. Erns­ti­ge voor­val­le het on­langs voor­ge­kom, waar­on­der die ver­krag­ting van en moord op ’n vrou by die Dar­ras-win­kel­sen­trum in Ken­sing­ton en die moord op ’n man in Se­wen­de Laan, Be­zui­den­houts­val­lei. Huis­bra­ke het ook dras­ties toe­ge­neem, wat skok­kend is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.