‘Eks­man te wreed ver­moor vir borg’

Beeld - - Nuus - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Die ag­gres­sie­we ma­nier waar­op haar eks­man ver­moor is, is een van die re­des waar­om Cathy van Oudts­hoorn (29) nie op borg­tog vry­ge­laat moet word nie, het ’n on­der­soek­be­amp­te in die saak gis­ter aan­ge­voer.

Daar­by het die be­skul­dig­de al van­te­vo­re pro­beer self­moord pleeg en is daar ’n moont­lik­heid dat sy met uit­staan­de be­wy­se kan peu­ter, het ao. Al­bert van Wyk gis­ter in die Brak­pan­se land­dros­hof ge­sê.

Van Oudts­hoorn en haar ma, Jo­ri­na van Nie­kerk (55), het vir die vier­de keer in die Brak­pan­se land­dros­hof ver­skyn weens die skiet­dood van Chris van Oudts­hoorn (58), ’n e­lek­tro­teg­nie­se in­ge­ni­eur, op 11 A­pril.

Ma en dog­ter was al­bei in ’n sta­di­um met die ver­moor­de ge­troud.

Van Wyk het aan­ge­voer dat Van Nie­kerk ook met uit­staan-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.