S­torms en vloe­de eis ses in KZN

Ramp­be­stuur­span­ne is ont­plooi

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Ses men­se is die na­week weens he­wi­ge s­torms en oor­stro­mings in K­waZu­lu-Na­tal dood.

Een van die slag­of­fers was ’n eenjarige ba­ba, be­rig eNCA.

Die ly­ke van twee vroue is Sa­ter­dag in ’n dig­te bos langs ’n ri­vier in C­hats­worth ge­vind en nog ’n vrou se lyk is dry­wend in die ha­we aan­ge­tref na­dat al d­rie deur vloed­wa­ter mee­ge­sleur is.

Vol­gens No­mu­sa Du­be-N­cu­be, LUR vir plaas­li­ke re­ge­ring, het swaar neer­slae in ver­skeie de­le van die pro­vin­sie voor­ge­kom.

“Ver­al Dur­ban en om­lig­gen­de de­le is erg deur vloed­wa­ter ge­raak.”

Ramp­be­stuur­span­ne is eer­gis­ter na ver­skeie vloed­ge­teis­ter­de ge­bie­de ont­plooi.

Dit sluit in I­si­pin­go, Me­ga Vil­la­ge, Ma­lu­ka­zi, Bay­view, Sea Cow La­ke, La­mont­vil­le, C­hats­worth en Re­ser­voir Hill.

Vol­gens C­hitra Bo­da­sing, ER24-woord­voer­der, was daar min­stens agt on­ge­luk­ke weens die oor­stro­mings. “Meer as 20 pa­si­ën­te is deur ER24 be­han­del. Van hul­le het kri­tie­ke en selfs nood­lot­ti­ge be­se­rings op­ge­doen.”

Een van die slag­of­fers was ’n kind wat dood is toe die be­stuur­der van die mo­tor waar­in die kind ’n pas­sa­sier was be­heer oor die voer­tuig op die N3 na­by die S­hong­we­ni-af­rit ver­loor en die voer­tuig om­ge­slaan het.

Bo­da­sing sê men­se moet liefs nie in die nat weers­toe­stan­de be­stuur nie, maar “as jy geen keu­se het nie, luis­ter na die weer­ver­slae, som die si­tu­a­sie op en be­paal wat­ter roe­te die bes­te is. Moe­nie deur vloed­ge­bie­de ry of stap nie.”

Geen bui­ten­ge­wo­ne weers­om­stan­dig­he­de word van­dees­week vir die res van Suid-A­fri­ka voor­spel nie.

“Re­ën word net van laat Maan­dag­mid­dag (gis­ter) tot Dins­dag (van­dag) in Bloem­fon­tein ver­wag met ’n mak­si­mum tem­pe­ra­tuur van 17 °C. ’n Lig­te bries kan in Kaap­stad voor­kom,” sê Ve­ne­tia P­ha­ku­la, weer­voor­spel­ler van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens.

P­ha­ku­la sê daar is ’n kans dat dit teen die na­week kou­er gaan raak. “’n Laag­druk­stel­sel kan tem­pe­ra­tu­re in hoog­lig­gen­de de­le van die land van Vry­dag af laat daal. As die laag­druk­stel­sel sy ver­sky­ning die na­week maak, kan tem­pe­ra­tu­re in Gau­teng en die Vry­staat tot ’n mak­si­mum van 15 °C daal. Re­ën kan ook in dié twee pro­vin­sies voor­kom.”

Die ge­mid­del­de mi­ni­mum en mak­si­mum tem­pe­ra­tu­re wat vir van­dees­week voor­spel word, is 9 °C/23 °C in Jo­han­nes­burg, 10 °C/24 °C in P­re­to­ria, 17 °C/27 °C in Dur­ban, 10 °C/ 25 °C in Po­lo­kwa­ne en 12 °C/ 26 °C in M­bom­be­la (Nel­spruit).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.