Pta­kind (3) val 2 ver­die­pings

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

’n D­rie­ja­ri­ge mei­sie is gis­ter­og­gend in ’n kri­tie­ke toe­stand na die hos­pi­taal ge­bring na­dat sy twee ver­die­pings ver ge­val het.

Nood­diens­wer­kers is om­streeks 11:00 ont­bied na ’n woon­stel­ge­bou op die hoek van S­te­ve Bi­ko­weg (Voor­trek­kers­weg) en Booy­senstraat in Ge­zi­na, P­re­to­ria, sê Xander Loubser van die Best Ca­re­nood­diens.

By hul aan­koms was om­stan­ders be­sig om nood­hulp toe te pas.

Die mei­sie se ge­skok­te ma het hui­lend daar ge­staan.

Vol­gens in­lig­ting wat aan die pa­ra­me­di­ci ge­gee is, was die ma en kind in hul woon­stel op die twee­de ver­die­ping.

Bui­te die deur, aan die kant van die ge­bou se bin­ne­hof, is ’n tra­lie­hei­ning waar- van die tra­lies taam­lik ver uit­me­kaar is.

Die ma het ge­sê toe sy be­sef haar dog­ter­tjie is nie meer by haar nie, het sy be­gin soek. Sy het die kind toe on­der op die se­ment sien lê.

“Dit lyk as­of die mei­sie deur die hei­ning se tra­lies ge­val het en nie bo-oor nie,” sê Loubser.

Die mei­sie het ’n oop kop­wond ge­had en was be­wus­te­loos. Sy het ver­moe­de­lik ske­del­breuk en moont­li­ke brein­be­se­rings op­ge­doen. Daar was geen an­der breu­ke nie.

Na­dat sy op die to­neel ge­sta­bi­li­seer is, is sy na die S­te­ve Bi­ko- a­ka­de­mie­se hos­pi­taal ge­neem vir be­han­de­ling.

Dit lyk as­of die mei­sie deur die hei­ning se tra­lies ge­val het en nie bo­oor nie. — XANDER LOUBSER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.