Hom­mels le­wer me­di­sy­ne, bloed af

Beeld - - Nuus - – Han­nes Kru­ger

Hom­mel­tuie gaan eers­daags ge­bruik word om bloed en ent­stow­we in af­ge­leë ge­bie­de oor die wê­reld heen af te le­wer.

Dit ge­beur te ge­reeld dat me­di­sy­ne nie by dié uit­kom wat dit drin­gend no­dig het nie, sê G­lenn Zac­ca­ra, woord­voer­der van die UPS-stig­ting, die hu­ma­ni­tê­re af­de­ling van die af­le­we­rings­diens UPS.

Die stig­ting het die Glo­bal Al­li­an­ce for Vac­ci­nes and Im­mu­ni­sa­ti­on (Ga­vi) en die ro­bot­maat­skap­py Zi­pli­ne ge­na­der om die pro­jek te be­gin.

Dit gaan so­wat $800 000 kos en word la­ter van­jaar in R­wan­da be­gin. Bloed gaan daag­liks by 21 bloed­oor­tap­ping­sen­trums af­ge­le­wer word.

Dr. Seth Ber­k­ley, hoof van Ga­vi, sê dis op­win­dend om me­die­se voor­raad só af te le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.