Le­se­di la Ro­na dalk méér werd

Beeld - - Beeld Sake - – Bloom­berg

’n Di­a­mant van 813 ka­raat is vir $63 mil­joen (so­wat R940 mil­joen) ver­koop, wat dié steen die duur­ste on­ge­slyp­te di­a­mant tot nog toe maak, en die ver­wag­tin­ge vir die ver­koop­prys van die Le­se­di la Ro­na, die groot­ste on­ge­slyp­te di­a­mant wat be­staan, ver­hoog.

Lu­ca­ra Di­a­mond se The Con­stel­la­ti­on is teen $77 649 per ka­raat ver­koop en die maat­skap­py gaan 10% kry van el­ke ge­slyp­te di­a­mant wat uit die ver­koop daar­van ver­kry word.

Die steen is ge­koop deur Ne­me­sis In­ter­na­ti­o­nal, ’n maat­skap­py wat in Du­bai ge­se­tel is en in on­ge­slyp­te di­a­man­te han­del dryf.

Al­bei di­a­man­te is ont­dek in Lu­ca­ra se Ka­ro­we-myn in Botswa­na, wat ’n re­pu­ta­sie be­gin kry vir die wê­reld se groot­ste en bes­te di­a­man­te.

Die 1 109-ka­raat Le­se­di la Ro­na, rof­weg so groot soos ’n ten­nis­bal met bui­ten­ge­wo­ne deur­sig­tig­heid, is die groot­ste di­a­mant wat in meer as 100 jaar ge­vind is.

Op grond van groot­te word dié steen net oor­tref deur die Cul­li­nan-di­a­mant van 3 016,75 ka­raat, die groot­ste di­a­mant ter wê­reld, wat op 26 Ja­nu­a­rie 1905 bui­te P­re­to­ria ge­myn is. Dié ju­weel is op­ge­sny in ne­ge ste­ne wat al­mal deel van die B­rit­se kroon­ju­we­le is.

As die­self­de dol­lar-per-ka­raat­prys op die Le­se­di la Ro­na toe­ge­pas word, im­pli­seer dit ’n prys van so­wat $86 mil­joen.

Sot­he­by’s, wat die vei­ling gaan be­har­tig, raam dat dié on­ge­slyp­te kne­wel meer as $70 mil­joen (so­wat R1,04 mil­jard) kan be­haal.

Fo­to: GETTY IMAGES

Wag­te staan langs die Le­se­di la Ro­na by Sot­he­by’s in New York.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.