‘Dís hoe­kom dit no­dig is’

Voor­sien in ar­mes se be­hoef­tes

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen Wat pre­sies word in die be­vro­re hoender ge­spuit? Waar­om word die pekelwater by be­vro­re hoender ge­voeg? Dit voel tog as­of ver­brui­kers deur die toe­voe­ging van die pe­kel­pro­duk uit­ge­buit word. Maar waar­om word die pro­duk duur­der on­der die nu­we re

Bloem­fon­tein. – Se­dert die in­stel­ling van nu­we re­gu­la­sies wat ’n perk van 15% plaas op die hoe­veel­heid pekelwater waar­mee be­vro­re hoender in­ge­spuit mag word, gons dit on­der ver­brui­kers oor die ge­vol­ge van die nu­we re­gu­la­sies en hoe dit hul sak sal raak. Uit kom­men­taar van

se le­sers blyk dit dat daar baie wan­troue en ver­war­ring oor die pe­kel­wa­ter­kwes­sie be­staan en ons het ver­skaf­fers van be­vro­re hoen­der­stuk­ke, as­ook die SuidA­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa), ge­vra om die kwes­sie te ver­dui­de­lik. Die eer­ste ding wat ’n mens moet ver­staan, is dat die En­gel­se term “bri­ne” nie na “wa­ter” as so­da­nig ver­wys nie, maar na “vog”, ver­dui­de­lik Ke­vin Lo­vell, uit­voe­ren­de hoof van Sa­pa. Die pe­kel wat by­ge­voeg word, is ’n op­los­sing met ’n wa­ter­ba­sis wat sout (NaCl) en an­der be­stand­de­le be­vat.

“Ons ge­bruik pe­kel­ma­ri­na­de, nie ge­wo­ne pekelwater nie.”

Dit is ook nie net die be­vro­re-hoen­der­be­dryf wat dié by­voe­ging doen nie, sê Chris Coom­bes, uit­voe­ren­de hoof van die pluim­vee­pro­du­sent So­ve­r­eign Foods.

“Pe­kel word ook by po­lo­nie, spek en an­der vark­vleis­pro­duk­te ge­voeg en daar is geen perk daar­op nie.” Daar is d­rie re­des waar­om pe­kel by hoen­der­vleis ge­voeg word, sê Lo­vell.

Eer­stens om ’n teks­tuur en sap­pig­heid soort­ge­lyk aan dié van vars (ver­koel­de) hoen­der­vleis te kry, twee­dens om smaak en geur by te voeg, by­voor­beeld by draai­spit-hoender of kits­kos­hoen­der wat geur­sel soos suur­le­moen en kruie by­kry en der­dens om die kos­te van die pro­duk te ver­laag.

“Die kwes­sie is nie of die pe­kel­by­voe­ging as so­da­nig goed of sleg is nie, daar is im­mers an­der pro­duk­te soos bil­tong of spek wat dit ook kry, maar eer­der of jy kry waar­voor jy be­taal en of die prys reg is.” ’n Pak ge­meng­de be­vro­re hoen­der­por­sies van 2 kg waar­by pe­kel ge­voeg is, kos om­trent die­self­de as ’n 1 kg­pak vars hoen­der­por­sies, sê Lo­vell. (Sien ook die gra­fiek hier­by wat die prys­ver­skil tus­sen be­vro­re hoen­der­por­sies met pekelwater, in­ge­voer­de hoen­der­por­sies en vars hoen­der­por­sies aan­dui.)

“Die ver­naam­ste ver­skil tus­sen die twee pro­duk­te is dat die be­vro­re een ge­pe­kel is en deur ’n by­ko­men­de pro­duk­sie­stap ge­gaan het toe dit ge­vries is.

“Dit be­hoort dui­de­lik te wees dat ons die ver­brui­ker nie te na kom nie.

“As jy dit kan be­kos­tig en jy het spoe­dig toe­gang tot ’n ys­kas, is dit be­ter om vars hoender te koop.”

Hy wys eg­ter daar­op dat die mees­te arm Suid-A­fri­ka­ners nie vars (en duur­der) hoender kan be­kos­tig nie en dat al­mal ook nie gou van die win­kel tot by die huis met vars hoender kan reis nie.

“Die be­vro­re pro­duk is so ge­wild om­dat dit voor­sien in die groot­ste deel van die be­vol­king se be­hoef­te. Ho­pe­lik, na­ma­te hul le­wens­peil en be­stee­ba­re in­kom­ste ver­be­ter, sal hul­le ook die buig­saam­heid hê om an­der kos­keu­ses te maak. Die tyd sal leer, maar ek sien geen re­de om ’n re­gu­la­sie in te stel wat ’n ne­ga­tie­we im­pak op die ar­mes sal hê nie.” Min­der hoender sal nou in die mark be­skik­baar wees om­dat meer be­vro­re por­sies per pak ver­koop word, maar die ge­tal hoen­ders wat ge­slag word, bly die­self­de, ver­dui­de­lik Coom­bes.

Lo­vell voeg by dat ’n pak be­vro­re pe­kel­hoen­der van 2 kg met ’n hoender-pe­kel-ver­hou­ding van 70:30 ge­mid­deld 10,8 stuk­ke hoender van so­wat 185 g per stuk be­vat en vir so­wat R40 ver­koop word. Met die nu­we re­gu­la­sies sal so ’n pak hoender met ’n 85:15-ver­hou­ding so­wat 13,1 stuk­ke van 153 g per stuk be­vat, maar dit sal 20% meer kos om te pro­du­seer en dus teen so­wat R47,24 ver­koop word, wat vir die mees­te ver­brui­kers te duur sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.