No­mi­na­le huis­pry­se styg ef­fens

Beeld - - Sake Nuus -

Die jaar-tot-jaar-groei in die ge­mid­del­de no­mi­na­le pry­se van hui­se in die mid­del­seg­ment (hui­se met ’n vloer­op­per­vlak­te van tus­sen 80 m² en 400 m² wat min­der as R4,4 mil­joen kos) het in A­pril ef­fens ver­be­ter – hoof­saak­lik van­weë prys­groei van klein hui­se.

In re­ë­le ter­me, ná aan­pas­sing vir die uit­wer­king van ver­brui­kers­prys­in­fla­sie, het huis­pry­se ge­mid­deld nie juis e­ni­ge groei ge­toon nie, al­dus Ab­sa se huis­prys­in­deks vir A­pril. Die in­deks is ge­grond op aan­soe­ke vir huis­le­nings wat goed­ge­keur is deur die bank en on­der­skei tus­sen klein, mid­del­slag- en groot hui­se.

Op ’n jaar­grond­slag was die no­mi­na­le groei vir mid­del­seg­ment­hui­se in A­pril 7,1%, ef­fens ho­ër as die 6,8% in Maart.

Re­ë­le prys­groei was in Maart op ’n jaar­grond­slag 0,5%. Dit volg op prys­de­fla­sie van 0,6% in Fe­bru­a­rie.

Die groei in die seg­ment vir klein hui­se se­dert die ein­de van ver­le­de jaar is die ge­volg van die ba­sis-ef­fek weens prys­groei wat in die oor­een­stem­men­de tyd­perk ver­le­de jaar skerp af­ge­neem het.

Die gro­ter fi­nan­si­ë­le druk op huis­ko­pers kon ook tot die prys­groei in dié seg­ment by­ge­dra het. Dit ver­oor­saak dat hul­le hul toe­spits op meer be­kos­tig­ba­re en klei­ner ei­en­dom­me.

Die huis­mark sal vol­gens Ab­sa na ver­wag­ting in die res van die jaar die toe­ne­men­de moei­li­ke e­ko­no­mie­se toe­stan­de weer­spie­ël.

Dit pri­ma uit­leen­koers, tans 10,5% sal na ver­wag­ting ein­de van­jaar op 11% staan.

Die e­ko­no­mie en ren­te­koer­se sal huis­hou­de­li­ke geld­sa­ke ne­ga­tief raak en druk uit­oe­fen op kre­diet-ri­si­ko­p­ro­fie­le, ver­brui­kers se fi­nan­si­ë­le kwes­baar­heid ver­hoog en ver­troue ver­laag. Dit kan op sy beurt kre­diet­ver­skaf­fers noop om dit moei­li­ker te maak om geld vir hui­se te leen.

Ab­sa voor­spel huis­prys­groei gaan merk­baar af­neem teen die ein­de van van­jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.