E­mi­ra­tes vlieg 3 keer per dag na Kaap­stad

Beeld - - Sake Nuus - – Fran­cois Wil­li­ams

Kaap­stad. – Die lug­diens E­mi­ra­tes se der­de daag­lik­se vlug tus­sen Du­bai en Kaap­stad be­gin op 4 Ju­lie.

E­mi­ra­tes sê die ek­stra daag­lik­se vlug is in­ge­stel van­weë die groei­en­de vraag van pas­sa­siers.

Men­se wat van Kaap­stad met E­mi­ra­tes Du­bai toe vlieg, be­nut die lug­diens se ver­bin­dings na eind­be­stem­mings in Eu­ro­pa, A­me­ri­ka, die Mid­de-Oos­te en die wes­te­li­ke de­le van A­sië.

E­mi­ra­tes gaan lui­dens ’n ver­kla­ring die Boeing 777-300ER op die by­ko­men­de vlug ge­bruik.

Die vlieg­tuig word ver­deel in agt eer­ste­klas-sit­plek­ke, 42 sa­ke­klas-sit­plek­ke en 310 sit­plek­ke in die e­ko­no­mie­se klas.

Die ek­stra vlug voor­sien ook tot 23 ton lug­vrag per vlug, wat gro­ter han­dels­ge­leent­he­de vir in- en uit­voer­ders bied.

E­mi­ra­tes het 20 jaar ge­le­de met sy vlug­te na Suid-A­fri­ka be­gin en het be­ne­wens die roe­te na Kaap­stad ook vier daag­lik­se vlug­te tus­sen Du­bai en Jo­han­nes­burg en een daag­lik­se vlug tus­sen Du­bai en Dur­ban.

Die ek­stra vlug ver­trek sog­gens 10:50 van Du­bai en kom 18:30 in Kaap­stad aan.

Die te­rug­vlug ver­trek 20:05 van Kaap­stad en land die vol­gen­de og­gend 07:30 in Du­bai.

E­mi­ra­tes se spe­si­a­le ta­rie­we op re­toer­vlug­te tus­sen Kaap­stad en Du­bai wis­sel tans van R6 985 tot R8 355. ’n Sa­ke­klas­kaart­jie sal jou R34 621 uit die sak jaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.