Ang­loGold As­han­ti trek voor­deel uit sterk dol­lar

Beeld - - Geklassifiseerd -

Jo­han­nes­burg. – La­er pro­duk­sie en ’n la­er goud­prys het nie in Ang­loGold As­han­ti se pad ge­staan nie. Kos­te­be­spa­rings en die voor­deel van die ster­ker dol­lar teen­oor geld­een­he­de van lan­de waar hy be­dry­wig is, het hom ge­help om sy re­sul­ta­te te ver­be­ter.

Sy kon­tant­vloei in die eer­ste kwar­taal tot ein­de Maart was $70 mil­joen, ’n we­sen­li­ke ver­be­te­ring teen­oor die uit­vloei van $40 mil­joen in die oor­een­stem­men­de kwar­taal ver­le­de jaar.

Ang­loGold het ’n reeks stap­pe ge­doen om sy skuld te ver­min­der son­der om aan­deel­hou­ers­waar­de te ver­wa­ter, on­der meer deur sy kor­po­ra­tie­we kos­te en to­ta­le, al­les in­ge­slo­te kos­te te ver­min­der. “Ons het ons kon­tant­vloei aan­sien­lik ver­be­ter, wat wys hoe suk­ses­vol ons po­gings is om skuld te ver­min­der en wins­mar­ges te ver­be­ter,” sê S­ri­ni­va­san Ven­ka­takrishnan, uit­voe­ren­de hoof, in ’n ver­kla­ring op die JSE se nuus­diens, Sens.

Die be­spa­rings sluit in ’n 4%-ver­la­ging in die to­ta­le kon­tant­uit­ga­wes, 18% la­er ka­pi­taal­uit­ga­wes en ’n 38%-be­spa­ring aan kor­po­ra­tie­we en be­mar­kings­uit­ga­wes.

Net twee van Ang­loGold se 17 my­ne is nie in ont­wik­ke­len­de mark­te waar die swak wis­sel­koer­se tot voor­deel van die maat­skap­py is nie. Dié twee my­ne is in Aus­tra­lië.

Van sy an­der my­ne is 12 in A­fri­ka, waar­van vyf in Suid-A­fri­ka is en d­rie in La­tyns-A­me­ri­ka.

In die eer­ste kwar­taal van­jaar het die maat­skap­py 861 000 fyn­on­se goud ge­le­wer van sy voort­ge­set­te be­dry­wig­he­de teen ’n al­les in­ge­slo­te kos­te van $860 per fyn­ons, teen­oor die 928 000 fyn­on­se teen $920 per fyn­ons in die eer­ste kwar­taal ver­le­de jaar.

Die la­er pro­duk­sie was hoof­saak­lik weens die ver­koop van die C­rip­ple C­reek- en Vic­tor-myn in Aus­tra­lië ver­le­de jaar, die O­bu­a­sie-myn in G­ha­na wat nie meer goud le­wer nie, die Mo­ri­la-myn in Ma­li wat die ein­de van sy be­dryfsleef­tyd na­der en be­dryfs­pro­ble­me by die Ki­ba­li-myn in die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go.

Die maat­skap­py be­rig dat hy steeds ver­wag om van­jaar tus­sen 3,6 mil­joen en 3,8 mil­joen ons goud teen ’n al­les in­ge­slo­te kos­te van tus­sen $900 en $960 per fyn­ons te le­wer mits die hui­di­ge wis­sel­koer­se nie dras­ties ver­an­der nie.

Al­les in­ge­slo­te kos­te is die to­ta­le kos­te van ’n myn, van­af eks­plo­ra­sie tot­dat die myn sluit.

Ang­loGold se aan­deel­prys het met meer as 7% ver­ste­wig kort na­dat die JSE gis­ter ge­o­pen het. Hy het eg­ter la­ter skerp ver­swak en die dag 10% la­er op R219,44 af­ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.