Be­kroon­de ‘Ye­ar of the Bi­cy­cle’ in Mark­te­a­ter te sien

Beeld - - Kuns -

Jo­an­na E­vans, wat al vir die Sophie Mg­ci­na-toe­ken­ning vir bes­te op­ko­men­de stem be­noem is, bring nou vir die eer­ste keer haar stuk The Ye­ar of the Bi­cy­cle na die Mark­te­a­ter.

Dié stuk het die S­tan­dard Bank Sil­ver O­va­ti­on-toe­ken­ning op die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees in Gra­ham­stad op­ge­raap en is tot 22 Mei in die Bar­ney Si­mon-te­a­ter op die plan­ke. Dit word aan­ge­bied in sa­me­wer­king met die Win­dy­brow-te­a­ter.

Dit is oor­see voor uit­ver­koop­te ge­ho­re op­ge­voer.

Die ver­haal gaan oor twee ver­vreem­de klein­tyd­vrien­de, A­me­lia (Amy Lou­i­se Wil­son) en An­di­le (Aphi­we Li­vi), wat op die­self­de tyd ná twee ver­skil­len­de on­ge­luk­ke be­wus­te­loos word.

Hul­le ont­moet dan in me­kaar se deur­me­kaar her­in­ne­rin­ge. Hul lig­ga­me is be­seer, maar hul ge­dag­tes is luid soos hul­le uit­reik na me­kaar vir kon­tak. Ter­wyl hul­le frag­men­te van hul­self weer by me­kaar wil sit, neem hul ge­heue hul­le te­rug na 1997 – die jaar van die Nin­ja Turt­les, en toe hul­le leer fiets­ry het en R. Kel­ly se “I Be­lie­ve I Can Fly”. Dit is die jaar wat hul jong vriend­skap op­ge­bou en af­ge­breek is deur ’n plek waar dit selfs vir ’n kind on­moont­lik is om ge­rus te voel.

Met hu­mor kyk die stuk na die kon­tras­te van groot­word in post­a­part­heid Suid-A­fri­ka: na­ï­wi­teit, skan­de, speels­heid, oor­vloed en af­we­sig­heid. Hier­die be­grip­pe word ge­bind in A­me­lia en An­di­le se be­hoef­te aan kon­tak met me­kaar. Dit wis­sel van die lig­sin­nig­heid van speel tot die don­ker gren­se van een­saam­heid.

E­vans is ook die re­gis­seur. Sy het in 2012 op die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees in Gra­ham­stad die toe­ken­ning ont­vang vir mees be­lo­wen­de stu­den­te-re­gis­seur.

Die mu­siek is deur John Wit­hers (van die mu­siek­groep John Wi­zards) en die be­faam­de re­gis­seur Cla­re S­top­ford het ook drama-hulp aan die pro­duk­sie ver­leen. T­hu­la­ni Mn­go­me­zu­lu is die vloer­be­stuur­der.

Ver­to­nings vind plaas van Dins­dae tot Sa­ter­dae om 20:15 en Son­dae om 15:15. Kaar­tjies kos R65 tot R195. Ska­kel 011 832 1641 of be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Fo­to: VAL ADAMSON

Aphi­we Li­vi en Amy Lou­i­se Wil­son in The Ye­ar of the Bi­cy­cle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.