Gee klein twak ’n Ka­la­ha­ri­plaas

Beeld - - Kommentaar - Max du P­reez

Die werk­lik­heid dat Suid-A­fri­ka een van die oop­ste ge­meen­skap­pe ter wê­reld is, is ons waar­de­vol­ste ba­te en die ba­sis van ons sta­bi­li­teit en de­mo­kra­sie. Maar soos ons die af­ge­lo­pe week weer uit­ge­vind het, be­te­ken dit ook ons moet soms diep a­sem­haal en tot tien tel, want die in­ter­ak­sie tus­sen bur­gers kan erg ro­buus raak.

’n #R­ho­desMus­tFall-ak­ti­vis en na­graad­se stu­dent, N­to­ko­zo Q­wa­be, wei­er om ’n wit kel­ne­rin, Ashleigh S­chultz, ’n fooi­tjie te gee en sê sy moet eers swart men­se se grond te­rug­gee. Wit men­se re­a­geer woe­dend en sa­mel meer as R100 000 vir haar in. Swart men­se is kwaad daar­oor en sê dis ba­naal en ti­pies van self­sug­ti­ge wit tra­ne.

’n Man ge­naamd Mat­thew T­heu­nis­sen ge­bruik die K-woord vir swart men­se om­dat hy kwaad is om­dat die mi­nis­ter van sport se­ke­re sport­soor­te straf om­dat hul­le nie hul ras­kwo­tas reg­ge­kry het nie. Dit is ’n voor­beeld van waar­om ras­sis­me ge­kri­mi­na­li­seer moet word, sê baie men­se.

Al­bei dié dra­mas het op so­si­a­le me­dia af­ge­speel. Maar eer­der as om die “tox­ic on­li­ne dis­in­hi­bi­ti­on ef­fect” van so­si­a­le me­dia hier­voor die skuld te gee, moet ons er­ken dat dit bloot gre­pe is van wat el­ke dag in ons sa­me­le­wing ge­beur.

Toe die drama om ene Pen­ny S­par­row, wat swart men­se met ape ver­ge­lyk het, ’n paar maan­de ge­le­de ge­moe­de­re laat hoog loop het, het ek ge­won­der wat die waar­de daar­van was om ’n on­be­ken­de, dood­ge­wo­ne bur­ger se ras­sis­me aan die groot klok te hang. Die vraag word nou weer oor T­heu­nis­sen se uit­la­tings ge­vra.

Ek dink nou an­ders daar­oor. Dit het tog waar­de om sul­ke voor­val­le uit te lig en die na­sie daar­oor te laat praat. Die S­par­rows, T­heu­nis­sens en Q­wa­bes ver­teen­woor­dig hou­dings wat wyd in ons sa­me­le­wing ge­hul­dig word.

Die uit­da­ging vir re­de­li­ke men­se is om die ver­soe­king te weer­staan om op grond van ras of et­ni­si­teit kant te kies; om te­rug te sit, na te dink en te pro­beer sin maak van wat dit van ons as ’n ge­meen­skap sê.

Kom ons vat Q­wa­be as voor­beeld. Ek het my diep vir hom ver­erg toe ek sy ar­ro­gan­te op­mer­kin­ge op Fa­ce­book lees. Hy is ’n be­voor­reg­te in­tel­lek­tu­eel, ’n Ox­ford-stu­dent, en die kel­ne­rin is ’n wer­kers­klas­mens. In daar­die si­tu­a­sie het hy al die mag ge­had. Gee vir die ar­ro­gan­te klein twak ’n Ka­la­ha­ri­plaas dat hy kan be­gryp wat dit be­te­ken om hard te werk, daag­liks te suk­kel en te bid vir re­ën, het ek ge­dink.

Maar Q­wa­be ver­teen­woor­dig ’n be­te­ke­nis­vol­le groep swart men­se, ver­al jon­ge­res, wat pro­beer om hul­le ster­ker in, soos hul­le dit sien, ’n wit ge­do­mi­neer­de wê­reld te laat geld; wat siek en sat is vir wat hul­le er­vaar as wit ar­ro­gan­sie.

Hy wil nie reg­tig ’n plaas hê nie – hy sou een kon kry as hy wou boer en land­bou eer­der as reg­te stu­deer het. Dit is net sim­bo­lies van die on­reg van die ver­le­de en die voort­ge­set­te on­ge­lyk­heid.

Dit is ook die moei­te werd om daar­van ken­nis te neem dat ’n groot aan­tal swart Suid-A­fri­ka­ners, in­slui­ten­de sy pa, hul­le van Q­wa­be se boe­lie-ag­tig­heid ge­dis­tan­si­eer het.

Die wit men­se wat geld vir die S­chultz-fonds ge­gee het, het waar­skyn­lik deels op sy vik­ti­mi­se­ring van ’n jong vrou ge­re­a­geer, maar deels ook om­dat hy die gan­se wit be­vol­king in die be­skul­dig­de­bank ge­plaas het. Dié wat by­ge­dra het, kon nie weet dat dit uit­ein­de­lik meer as R100 000 sou be­loop nie.

Maar ons kan ook nie swart SuidA­fri­ka­ners te veel kwa­lik neem nie as hul­le dink dit was wit men­se wat wou sê: Jul­le het nou wel die po­li­tie­ke mag, maar ons het nog die geld, so wê. Dis ook ’n bie­tjie waar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.