Toe ge­juig nog har­der as geld se ge­klin­gel was

Beeld - - Kommentaar - Pe­tro Han­sen

Ek dink nou dit was ter wil­le van ou­pa dat ek laas jaar op die kas­sie na die boks­ge­veg in Las Ve­gas tus­sen Floyd Ma­y­we­at­her en Man­ny Pa­cqui­ao ge­kyk het. Ja, ek weet dit was die ge­veg van die eeu, dis nou geld­ge­wys, ’n $400 mil­joen-ex­tra­va­gan­za. Maar dis nou nie dat ek ’n fa­na­tie­se boks­gees­drif­ti­ge is nie.

Het se­ker maar so een of twee keer ’n ge­veg by­ge­woon, en al­ler­mins toe skaam­te­loos “Foe­ter hom!” langs die boks­kryt staan en skree. Nou weet ek hoe lek­ker dit was om vroeg­og­gend of laat­aand saam met ou­pa Ko­bus boks te kyk.

As kind het hy my vroeg laat op­staan vir el­ke Ger­rie Coet­zee- en Kal­lie K­noet­ze-ge­veg – ou Ger­rie die Boks­burg Bom­ber en Kal­lie die Bek.

Dit is ook op hier­die ou­pa van my se skoot, met ’n be­ker F­ris­co in die hand, dat my be­lang­stel­ling in boks reg­tig pos­ge­vat het, vas­ge­na­el voor ’n Te­le­fun­ken-te­le­vi­sie.

Ou­pa het des­tyds, toe hy on­der­wy­ser en kos­huis­va­der van die Laerskool Na­boom­spruit was, al die dorp se stoei- en boks­ge­veg­te ge­re­ël.

Die win­ter van 1979 kan ek goed ont­hou, al was ek skaars ses jaar oud.

In Mon­te Car­lo het die ein­ste Boks­burg Bom­ber, on­se Ger­rie, teen die A­me­ri­ka­ner Le­on S­pinks te staan ge­kom vir die wê­reld-swaar­ge­wig­ti­tel.

Ons moes laat wak­ker bly hier­voor en het net ná 12 na die uit­sen­ding oor­ge­ska­kel.

Vir ou­pa was daar maar net een kom­men­ta­tor, en dit was Ger­hard Vi­viers, die ge­lief­de S­pie­ke­ries. Nie­mand kon sport soos hy aan die brand praat nie. Daar­om het ou­pa sy te­le­vi­sie se klank af­ge­sit en die A­fri­kaan­se ra­dio se klank vol oop­ge­draai. Dit is hoe hy al die ja­re sport ge­kyk het, met sy oë vas­ge­na­el op die te­le­vi­sie­skerm en sy ore ge­spits vir die ra­dio.

Ek en ou­pa het ons ge­reed ge­maak vir 12 ron­des se top­klas­boks. Op die kof­fie­ta­fel het ou­ma Raai vir ons tjips en bil­tong in pienk plas­tiek­bak­kies uit­ge­sit. Ek was nog be­sig om ’n tjip na my mond te lig, toe is die ge­veg ver­by. Net twee mi­nu­te en d­rie se­kon­des, toe val die uit­klop­hou.

“Hy tref hom met ’n reg­uit reg­ter en daar lê S­pi­i­i­inks en daar lê S­pi­i­i­inks en dis die ein­de van die ge­veg!” Ou S­pie­ke­ries . . .

Die le­gen­da­rie­se bok­spro­mo­tor C­harl de Vil­liers was daar­die aand in die sta­di­on in Mon­te Car­lo. Hy sê van die man­ne wat gou toi­let toe wou gaan of ’n koel­drank gaan koop het, het die ge­veg nie ge­sien nie.

Ja, dit was die bok­se­ra waar­in ek groot­ge­word het. Die tyd toe boks Suid-A­fri­ka op die map ge­sit het. Toe ons sport­man­ne nog meel­sak­ke ge­sleep het om sterk te word.

Sal ons boks­lief­heb­bers ooit weer die glo­rie­dae van boks her­leef son­der die blink lig­te van die son­stad, die sho­w­biz en die groot­geld­ge­doen­te? Ek en ou­pa elk met ’n flen­nie­kom­ber­sie oor ons knieë, ’n be­ker boe­re­troos in die hand en met S­pie­ke­ries wat hard en op­ge­won­de saam­praat. Die tyd toe die toe­skou­er se ge­juig by ’n sport­wed­stryd nog bo die ge­klin­kel van geld uit­ge­styg het.

Dis hoe hy sport ge­kyk het, met sy oë vas­ge­na­el op die te­le­vi­sie­skerm en sy ore ge­spits vir die ra­dio.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.