Taal­ge­sprek is no­dig

A­fri­kaans het sy eie waar­heid­en­ver­soe­nings­ge­sprek on­der sy spre­kers no­dig, skryf Da­nie van Wyk. 11 amp­te­li­ke ta­le lei in die prak­tyk tot een taal, skryf An­ne­Ma­rie Beu­kes.

Beeld - - Middelblad - Prof. Beu­kes is voor­sit­ter van die A­fri­kaan­se Taal­raad.

Dat A­fri­kaans­spre­ken­des by ’n kruis­pad is, is ge­wis. Die ver­skil is dié keer dat al­le A­fri­kaans­spre­ken­des hul­le by hier­die kruis­pad be­vind, nie net die A­fri­ka­ner­kom­po­nent nie. A­fri­kaans is on­der be­leg en dit ver­oor­saak on­se­ker­heid by al­le A­fri­kaans­spre­ken­des.

Die bruin ge­meen­skap is ’n in­he­ren­te deel van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap. Daar word dik­wels na hier­die ge­meen­skap ver­wys as ag­ter­ge­ble­we, be­na­deel en ver­arm. Die uit­staan­de ken­merk van hier­die ge­meen­skap is te­reg sy ar­moe­de: “in ar­moe­de ge­bo­re en ont­vang”, as ek met re­spek die By­bel­se ver­wy­sing kan aan­pas vir hier­die doel. Hier­die stief­kin­ders van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap maak daar­op aan­spraak om hul reg­ma­ti­ge plek langs hul me­de-A­fri­kaans­spre­kers in te neem, as ge­ly­kes en nie as mee­lo­pers of na­pra­ters nie, maar as saam­pra­ters wat ook ’n be­dui­den­de rol te speel het in die rig­ting wat ons as A­fri­kaans­spre­kers in die toe­koms met ons taal gaan in­slaan.

Daar is ve­le kuns­ma­ti­ge skan­se en ver­sper­rings tus­sen A­fri­kaans­spre­ken­des wat af­ge­breek sal moet word. Die i­de­aal sou wees dat die A­fri­kaan­se ge­meen­skap as ’n een­heid die rig­ting sal be­paal waar­heen ons met A­fri­kaans op pad is. Dit vra vir ’n A­fri­kaan­se ge­meen­skap wat deeg­lik en gron­dig Suid-A­fri­kaans en A­fri­kaans is, en vir ’n taal wat die kul­tu­re­le slag­aar vorm van ’n ver­e­nig­de, di­ver­se Suid-A­fri­kaan­se ge­meen­skap en nie as die ei­en­dom van een be­lan­ge­groep be­skou word nie.

Die vraag ont­staan on­wil­le­keu­rig: Hoe neem ons A­fri­kaan­se men­se vo­ren­toe; as A­fri­kaan­ses of A­fri­ka­ners? A­fri­ka­ner vs. A­fri­kaan­se Daar is baie wat een­vou­dig net van A­fri­ka­ners wil praat, maak nie saak wat­ter kleur hul­le is nie, so­lank die ge­me­ne de­ler A­fri­kaans is. Dan is daar an­der wat wys op die ver­skil­le tus­sen A­fri­kaans­spre­ken­de en A­fri­ka­ner en liefs die term A­fri­kaan­ses ge­bruik ver­wy­send na al­mal wat ’n band met A­fri­kaans het. Nog ’n an­der denk­stroom meen dat hoe­wel taal ’n be­lang­ri­ke saam­bin­den­de fak­tor is vir die A­fri­ka­ner­taal­ge­meen­skap, dit nie in al­le ge­val­le deur­slag­ge­wend is nie.

In Die Bur­ger van 1 Mei 1998 vind ek ’n be­skry­wing van ’n A­fri­ka­ner deur Le­o­pold S­choltz: “Die A­fri­ka­ner­huis moet oop wees vir elk­een, on­ge­ag ras, kleur of selfs huis­taal, wat hom met A­fri­ka­ners wil ver­een­sel­wig.” Is bruin A­fri­kaans­spre­kers dus A­fri­ka­ners in ag ge­no­me ons ge­deel­de ver­le­de, taal, gods­diens en kul­tuur­goe­de­re? Vol­gens die al­ge­me­ne op­vat­ting van wat ’n A­fri­ka­ner is, is die ant­woord nee. Die ge­skie­de­nis dui im­mers op ’n ont­ken­ning van bur­ger­skap, on­reg en ’n ver­brok­ke­ling van bruin men­se se mens­wees. Ook op ’n ver­wer­ping uit die taal- en kul­tuur­huis­hou­ding. Ons moet eers oor hier­die on­reg kom wat me­deA­fri­kaans­spre­kers aan­ge­doen is voor­dat ons kan aan­be­weeg.

Na my me­ning het A­fri­kaans sy eie waar­heid-en-ver­soe­nings­ge­sprek no­dig so­dat ons vo­ren­toe kan gaan as A­fri­kaans­spre­ken­de Suid-A­fri­ka­ners en wê­reld­bur­gers.

Die pad vo­ren­toe

Daar be­staan tans groot on­se­ker­heid en ont­red­de­ring in A­fri­kaan­se ge­le­de­re. Ons sal as ver­e­nig­de taal­groep nie ont­red­derd hoef te voel oor ons taal of ons kul­tuur nie. Voor­dat ons ’n sa­me­ho­rig­heids­ge­voel oor A­fri­kaans, ons ge­meen­skap­li­ke er­fe­nis, kan ont­wik­kel, sal ons me­kaar oor e­ko­no­mie­se en et­nie­se ver­de­lings heen moet vind, sal ons moet help om me­de-A­fri­kaans­spre­ken­des, ver­al die jeug, e­ko­no­mies en op­voed­kun­dig te be­mag­tig.

Daar sal ook nie oor die toe­koms van A­fri­kaans ge­praat kan word son­der om die by­drae van bruin A­fri­kaans­spre­kers in be­re­ke­ning te bring nie. Son­der hul taal­ge­trou­heid en skep­pen­de by­dra­es het A­fri­kaans geen toe­koms nie. Ons het ’n be­son­der­se ver­bin­te­nis tot A­fri­kaans en maak te­reg aan­spraak op me­de-ei­e­naar­skap.

N.P. van Wyk Louw het ge­skryf: “A­fri­kaans is die taal wat Wes-Eu­ro­pa en A­fri­ka ver­bind; dit suig sy krag uit dié twee bron­ne; dit vorm ’n brug tus­sen die groot hel­der Wes­te en ma­gie­se A­fri­ka – die soms nog so ón­hel­der A­fri­ka; hul­le is al­bei groot mag­te, en wat daar groots aan hul­le ver­e­ni­ging kan ont­spruit – dít is mis­kien wat vir A­fri­kaans voor­lê om te ont­dek.”

Ons kan al­mal mee­help met die ont­dek­king van daar­die groots­heid.

Van Wyk is Wes­Kaap­se be­stuur­der van die Suid­A­fri­kaan­se On­der­wys­ont­wik­ke­lings­trust.

’NKruis­pad is ’n plek of tyd­stip waar ’n be­lang­ri­ke of be­slis­sen­de be­sluit ge­neem moet word, al­dus die Woor­de­boek van die A­fri­kaan­se Taal.

’n Mens kan stel­lig son­der veel vrees vir te­ë­spraak sê dat A­fri­kaans reeds ve­le kruis­paaie be­leef het. Dink maar aan Mil­ner se an­gli­se­rings­pro­jek en die daar­op­vol­gen­de snel­le groei­kur­we van A­fri­kaans tot stan­daard­taal so­dat amp­te­li­ke sta­tus in 1925 aan die jong taal­tjie toe­ge­ken is. Ver­geet ook nie hoe A­fri­kaans ont­wik­kel het tot ’n vol­waar­di­ge we­ten­skaps­taal nie, die e­nig­ste A­fri­ka­taal wat dié pres­ta­sie in die 20ste eeu kon be­haal het.

11 amp­te­li­ke ta­le

’n Be­son­der be­slis­sen­de kruis­pad was toe amp­te­li­ke sta­tus vir A­fri­kaans in die Grond­wet van die nu­we Suid-A­fri­ka vas­ge­lê is. Hier­die myl­paal is be­haal ná moei­li­ke on­der­han­de­lin­ge waar­in ter elf­der uur ’n kom­pro­mis aan­ge­gaan is dat A­fri­kaans haar amp­te­li­ke sta­tus kan be­hou. Die kom­pro­mis was dat amp­te­li­ke sta­tus ook aan ’n al­le­min­ti­ge ne­ge an­der in­heem­se ta­le toe­ge­ken moes word. Hier­die oor­moe­di­ge si­tu­a­sie van 11 amp­te­li­ke ta­le het spoe­dig die af­ge­lo­pe twee de­ka­des ge­lei tot ’n taal­be­de­ling waar slegs een taal in die prak­tyk uit­ge­leef (kan) word en die ge­bruik van A­fri­kaans in ve­le do­mei­ne be­dui­dend af­ge­neem het. Die brood­no­di­ge ont­wik­ke­ling van die an­der ne­ge in­heem­se ta­le het he­laas teen ’n trae pas ge­skied so­dat daar steeds bit­ter min vrug­te van hul nu­we amp­te­li­ke sta­tus te pluk is.

A­fri­kaans staan tans weer by ’n al­ler­be­slis­sen­de kruis­pad met die “A­fri­kaans moet val”-pro­tes­op­tre­des op kam­pus­se. U­ni­ver­si­teits­be­stu­re gee klaar­blyk­lik ook voor­keur aan En­gels wat, in die woor­de van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) se rek­tor, “wy­er toe­gang vir ’n gro­ter groep stu­den­te bied”. Dié kruis­pad word be­paal deur ko­ör­di­na­te, soos die mas­sa­fi­ka­sie van ho­ër on­der­wys, ge­paard­gaan­de met on­toe­rei­ken­de staats­fi­nan­sie­ring, die de­ko­lo­ni­se­ring te mid­de van die aan­drang op in­ter­na­si­o­na­li­se­ring en A­fri­kaans se “on­der­druk­ker”-ba­ga­sie.

Die jong­ste s­ta­tis­tie­ke wat die US oor sy stu­den­te se taal­voor­keu­re be­kend ge­maak het, dui daar­op dat twee der­des van die stu­den­te En­gels as on­der­rig­taal ver­kies, en dít op ’n kam­pus waar so­wat 60% van die stu­den­te A­fri­kaans­spre­kend is. Net 56% van die A­fri­kaan­se stu­den­te ver­kies vol­gens die US se pei­ling on­der­rig in A­fri­kaans.

Ge­sprek oor taal­bur­ger­skap

Men­se se hou­ding oor hul taal en kul­tuur word sel­de a­po­li­ties en a­his­to­ries uit­ge­leef. As die sa­me­bin­den­de taal van die st­rug­gle be­klee En­gels his­to­ries en so­si­o­po­li­ties ’n be­voor­reg­te plek in ons jong de­mo­kra­sie. Voeg daar­by die kop­pe­ling tus­sen En­gels se pres­ti­ge as ’n wê­reld­taal en die op­waart­se mo­bi­li­teit wat daar­mee saam­hang, dan staan A­fri­kaans (en die an­der in­heem­se ta­le) by die kruis­pad van jong men­se se proEn­gel­se taal­hou­dings en -keu­ses.

Dit is daar­om van kar­di­na­le be­lang dat A­fri­kaans as ’n me­di­um van on­der­rig en leer be­hou moet word. In­dien nie, gaan so ’n do­mein­ver­lies ver­rei­ken­de im­pli­ka­sies vir die A­fri­kaan­se ge­meen­skap in­hou, nie net op lin­guis­tie­se ge­bied nie, maar ook op kul­tu­re­le en so­sio-e­ko­no­mie­se ter­rein. As A­fri­kaans op S­tel­len­bosch en Pot­chef­stroom “val”, sal die vol­gen­de be­slis­sen­de kruis­pad ge­wis A­fri­kaans op s­kool wees. Die an­der in­heem­se ta­le is e­wen­eens by ’n kruis­pad: Hul­le is steeds groot­liks on­sig­baar in die o­pen­ba­re do­mein en word slegs in be­perk­te ma­te as on­der­rig­ta­le op skool­vlak be­nut. Hul­le is steeds nog nie as we­ten­skaps­ta­le ont­wik­kel nie.

Teen hier­die be­klem­men­de ag­ter­grond het dit nou drin­gend nood­saak­lik ge­word dat ’n na­si­o­na­le ge­sprek oor taal­bur­ger­skap plaas­vind waar­aan al­le taal­ge­meen­skap­pe deel­neem. Ons moet as Suid-A­fri­ka­ners in­drin­gend ge­sprek voer oor die plek en rol van ons ta­le as sim­bo­lie­se en ma­te­ri­ë­le hulp­bron­ne om ons Suid-A­fri­ka­ner­skap uit te leef. Ak­tie­we taal­bur­ger­skap verg dat ons moet be­sin oor mags­ver­hou­dings en al­le­daag­se taal­prak­ty­ke, ons taal­be­skou­ings wat die rol van di­a­lek­te en min­der­he­de be­tref, die mar­gi­na­li­se­ring van taal­ge­meen­skap­pe, en so meer.

Daar is by my min twy­fel dat die A­fri­kaan­se ge­meen­skap en haar taal- en kul­tuur­or­ga­ni­sa­sies ’n sin­vol­le by­drae tot so ’n dis­koers kan le­wer. Hef aan lê voor; kom ons maak dit ons érns om ons u­nie­ke taal­bur­ger­skap uit te leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.