Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad -

V ’n Ou ge­seg­de: ’n Mens kan dink wat jy wil, maar nie sê wat jy wil nie. Ma­bel Jan­sen moet dit maar ter har­te neem, ver­al in die hui­di­ge po­li­tie­ke kli­maat. Jam­mer vir haar, maar sy moet nou maar die pak vat. – BvB V Gil­li­an S­chut­te, ek hoop jy kry ’n swart ster­re­tjie vir nuus aan­dra! Sies! – Wol­lie, Bos­hoek V Me­neer die pre­si­dent, ek weet jy luis­ter na nie­mand nie, maar net ’n kort wenk: Ne­ver say ne­ver. – Ly­all

V Die men­se van Vu­wa­ni moet be­sef dat die sko­le, kli­nie­ke, paaie, en­so­voorts in hul om­ge­wing aan hul­le be­hoort. Hul­le be­taal ook BTW en dis hul by­drae tot die staats­kas. Die ska­de is net hul­le s’n en dit raak hul na­ge­slag. Die pa­pier met als daar­op wat so lek­ker ge­brand het, is die groot­ste ska­de. – Le­ser V As sel­foon­maat­skap­pye kan sorg vir a­dres­se om sel­fo­ne te Ri­ca, kan die OVK dit ook doen. – Rob­bie V Sal ie­mand as­se­blief tog vir S­teers en Nan­do’s ook laat weet van die aar­tap­pel­prys? ’n Sak aar­tap­pels se prys vir twee pak­kies tjips is nog­al erg. – S­par­ky, V­dBi­jl V Do­nald Trump kan waar­ag­tig nie sleg­ter vir die VSA wees as wat Zu­ma vir die RSA is nie. – Mac, NK V Ek voel net so sleg oor die ka­meel­perd wat so ver­skyn op die fo­to. Het men­se glad nie meer re­spek vir die na­tuur nie? – Bet­tie, P­re­to­ria V Ook maar goed die boer wat die ka­meel­perd ge­skenk het, wil a­no­niem bly, want daar sal nou weer ’n paar men­se wees wat hom wil braai. En dis ’n laai­graaf, nie ’n hys­kraan nie. – K van W V Dit lyk vir my of die le­li­ke ta­toe­mo­de by ons rug­by­spe­lers ver­by is. Kyk hoe mooi skoon lyk ons jong Cur­rie­be­ker­spe­lers. Dan­kie tog. – Hen­ni, E­den­va­le V Pa­ny­a­za Le­su­fi is son­der twy­fel die bes­te LUR vir on­der­wys wat Gau­teng nóg op­ge­le­wer het. Hy is nie die ti­pie­se po­li­ti­kus wat net praat en niks doen nie. En dis pre­sies wat ons on­der­wys­stel­sel no­dig het. – De­on Bek­ker V Pa­ny­a­za Le­su­fi! Hier op my per­seel bly ’n ma van d­rie dog­ters waar­van die twee oud­stes reeds op 14 en 15 jaar ’n ba­ba ge­had het! Moet hul s­kool nie so iets rap­por­teer nie? Dit is tyd dat hy sy werk doen en min­der aan­mer­kings maak oor sko­le waar al­les vlot werk! – Chris, Pta V Kerk wil ou sol­da­te So­we­to toe vat vir wat? Ek as oud­sol­daat het niks om oor jam­mer te sê nie. Ek het ook deur hel ge­gaan. – Jo­han, P­re­to­ria V Jo­han S­teyn se we­ten­skap­li­ke brief oor e­vo­lu­ sie spreek tot die be­keer­des en we­ten­skap­li­kes. An­der het slegs die By­bel en ’n be­ne­pe uit­kyk no­dig om dit te ont­ken. – Le­ser V Jo­han S­teyn, al die we­ten­skap­li­ke fei­te wat jy noem, laat my net op­nuut in ver­won­de­ring oor God wat al­les be­gin het en steeds in stand hou. Die we­ten­skap gaan nog ver­bys­te­ren­de din­ge ont­dek. – El­sa­bé Ho­ward, Be­no­ni V Na­tuur­lik is e­vo­lu­sie ’n feit. Dis hoe God die S­kep­per dit be­werk het! – Le­on V Jan Ven­ter, moe­nie Beeld­le­sers se in­tel­li­gen­sie pro­beer on­der­skat nie. Die he­le e­vo­lu­sie­leer is ’n leu­en. – Ter­ti­us Louw, S­prings V Dan­kie, Jo­han S­teyn, vir jou nug­te­re en fei­te­li­ke ver­dui­de­li­king van die on­weer­leg­ba­re aard van e­vo­lu­sie. Ek gaan dit bê­re om aan die­ge­ne te wys wat my ver­guis om­dat ek glo e­vo­lu­sie is ’n feit en kan nie lo­gies weg­ver­dui­de­lik word nie. Dit is nie ’n te­o­rie nie en is, soos jy te­reg sê, ’n feit soos ’n koei. – Ro­nel V Ek ge­niet Herman La­te­gan se fliek­re­sen­sies ga­te uit! – San­dy V Goeie ge­na­de, Herman La­te­gan, is jy ou­kei? Vry­dag se vier breed­spra­ki­ge fliek­re­sen­sies van jou laat ’n mens won­der of jy met die ver­keer­de voet uit die bed ge­klim het. – Lou­is Ven­ter V Rob­bie en Pie­ter, 7de Laan is nou al lank­al nie meer A­fri­kaan­se ge­sins­ver­maak nie! Hoe­veel A­fri­kaans word per e­pi­so­de ge­praat? Dis nou net ’n nes van on­heil wat voor­ne­men­de skelms gra­tis ’n paar wen­ke gee. Nee wat, glo my, dis baie lek­ker­der om rus­tig bui­te te sit en kyk hoe die vo­ël­tjies ge­reed maak vir die nag. En ’n bo­nus is geen nag­mer­ries in die nag meer nie! – PH, Vil­lie­ria V Twee din­ge is dui­de­lik: Om ’n goeie hu­we­lik te bou en om kin­ders ’n goeie op­voe­ding te gee is nie vir sis­sies nie. – Le­ser V Fi­ki­le M­ba­lu­la gaan ver­oor­saak dat daar nog baie CJ S­tan­ders oor­see gaan speel. Maar wie gee om? – Boe­la V A­no­niem se brief oor ver­tra­gings by ho­we in sa­ke waar­in kin­ders be­trok­ke is, gryp my aan die hart. Ons sê ons gee om vir kin­ders, maar ons op­tre­de be­wys die teen­deel. – Dirk S­choe­man, Ho­ney­dew V Ek won­der of ie­mand kan ver­staan hoe dit voel as pro­staat­kan­ker, de­pres­sie en di­a­be­tes jou psi­ge so ver­an­der dat jy nie eens sog­gens wil op­staan nie. Eer­der ’n warm kom­bers oor my siel trek, want wil of krag het ek nie. Ek klou dan vas aan die mooi­heid van my vrou, kin­ders en klein­kind, die skoon­heid wat gaan ag­ter­bly, en trek my­self op my voe­te met ’n siel wat nie meer wil nie. – DS, P­re­to­ria V Ni­a­nell, as jy oor­see wil gaan rond­rits, ge­bruik jou eie geld. – Ena V Lek­ker om el­ke dag my sta­sie, P­re­to­ria FM, in Beeld te sien, só help ons me­kaar om A­fri­kaans as taal te be­vor­der. – Le­ser

Pa­ny­a­za Le­su­fi

Fi­ki­le M­ba­lu­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.