Goeie Nuus

God gee vir vreem­des om

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Ter­wyl ek on­langs my jaar­lik­se skof by ’n Eu­ro­pe­se u­ni­ver­si­teit in­pas, loop vrou­lief en ek ons daar in ’n ska­re be­to­gers vas. Dit was men­se uit Si­rië wat on­te­vre­de was met die be­han­de­ling wat hul­le ont­vang het in ’n gas­heer­land wat aan hul­le ver­blyf ge­gee het.

Toe be­sef ek op­nuut dat men­se nê­rens op die pla­neet vre­de het nie. Oral is daar slag­of­fers en ver­sto­te­nes.

Die Ou Te­sta­ment ver­tel vir ons God het ’n ruim hart vir vreem­de­lin­ge. Ont­wor­tel­des en rand­fi­gu­re se nood gaan nie by Hom ver­by nie. Hy sien we­du­wees en wees­kin­ders raak. Hy hoor die kre­te om hulp van die ver­druk­tes.

Ook ver­wag Hy van sy volk om sul­ke men­se raak te sien en me­de­lye met hul­le te hê. Nooit mag die He­re se kin­ders an­der­pad kyk as die le­we men­se seer­maak of stuk­kend trap nie.

Hoe dit prak­ties ge­beur, moet ons in el­ke si­tu­a­sie self be­sluit, maar dat dit aan­hou­dend moet ge­beur, is ’n ge­loofsfeit. So nie, is ons ge­loof net dooie gods­diens­ti­ge te­o­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.