C­hee­tahs laat Tier los op Kings

Beeld - - Middelblad - – Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Tier S­choe­man sal sy te­rug­keer vir die C­hee­tahs Sa­ter­dag teen die Kings op flank maak, in die plek van die be­seer­de Wil­lie B­ritz.

Fran­co S­mith, af­rig­ter van die C­hee­tahs, het ge­sê B­ritz sal weens die knie­be­se­ring wat hy Sa­ter­dag in Syd­ney teen die Wa­ra­tahs op­ge­doen het nie oor­weeg kan word nie.

“Tier is da­rem te­rug uit die ‘tronk’,” het S­mith ge­skerts, ver­wy­sen­de na die los­voor­spe­ler se skor­sing van ’n week ná ’n duik­slag met ’n sty­we arm in die wed­stryd teen die Reds in B­ris­ba­ne.

S­mith kon­dig mô­re sy span vir die krag­me­ting teen die Kings aan. Die C­hee­tahs het die Kings in die voor­sei­soen met 21­11 in die Baai ge­klop.

S­mith het ge­sê be­seer­des soos die agt­ste­man Niell Jor­daan (rib­bes) en die sen­ter Rayno Ben­ja­min kan Sa­ter­dag in die Vry­staat­se vyf­tien­tal se Pro­vin­si­a­le Reeks­wed­stryd teen hul e­we­knie van die Haaie oor­weeg word.

Ben­ja­min het be­han­de­ling in die Kaap ont­vang na­dat hy vroe­ër ’n kuit­be­se­ring op­ge­doen het ter­wyl hy vir die na­si­o­na­le se­wes­span in die Wel­ling­ton­toer­nooi ge­speel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.