Bo­land se S­tan­der ASA se nu­we hoof

Beeld - - Middelblad - Van der Walt – Sa­rel

Jo­han­nes­burg. – At­le­tiek SuidA­fri­ka (ASA) het Ri­chard S­tan­der, At­le­tiek Bo­land se uit­voe­ren­de hoof, waar­ne­mend in dié hoe­da­nig­heid by ASA aan­ge­stel.

Die aan­stel­ling is on­mid­del­lik van krag, het A­leck S­kos­ha­na, pre­si­dent van ASA, gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê. S­tan­der sal tot ASA se vol­gen­de ver­kie­sing in Sep­tem­ber in dié pos waar­neem.

Die pos as uit­voe­ren­de hoof was vir ’n paar jaar va­kant.

Pie­ter de Ja­ger, teg­nie­se hoof van ASA, het die af­ge­lo­pe twee jaar ook as kan­toor­hoof van ASA waar­ge­neem.

S­tan­der is ’n ou be­ken­de by ASA se hoof­kan­toor in Jo­han­nes­burg. Hy was lank ont­wik­ke­lings­hoof van die or­ga­ni­sa­sie.

Lui­dens die ver­kla­ring sal S­tan­der voort­gaan om na At­le­tiek Bo­land se sa­ke om te sien.

“Ons glo met Ri­chard se teen­woor­dig­heid sal ASA ge­sta­bi­li­seer word. Hy is nie ’n vreem­de­ling nie en is goed be­kend met die hoof­kan­toor­om­ge­wing,” S­kos­ha­na ge­sê.

S­tan­der het ge­sê hy is bly om te­rug te wees.

“Die man­daat wat aan my ge­gee is, is om at­le­tiek na ’n ho­ër vlak te neem,” het dié oud­Vaal­drie­hoe­ker ge­sê.

Hy is gis­ter­og­gend aan ASA se per­so­neel voor­ge­stel.

Bla­ser gryp in toe O­ta­go­span met 137­0 voor­loop Twee sok­ker­spe­lers van Ka­me­roen sterf s­kie­lik

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.